Dankbaarheid is so belangrik vir elke huwelik en elke gesin. Hierdie printable gaan julle as ‘n paartjie en gesin help om dankbaarheid in jul lewens te kweek.

Stappe hoe om die gratis printable te gebruik:

  1. Kry vir jou ‘n houer wat julle gaan gebruik as jul houer van dankbaarheid vir jul huwelik (kry ‘n aparte houer vir jul gesin se houer van dankbaarheid).
  2. Druk die etiket uit (op bladsy 1 van die printable is die etiket vir jou huwelik se houer en bladsy 2 is die etiket vir jou gesin se houer) en plak dit op die houer. Jy kan besluit hoe groot of klein die etiket moet wees wanneer jy dit uitdruk.
  3. Druk ten minste x 20 van die dankbaarheidskaartjies op bladsy 3 tot 6 uit en sit dit langs die houer van dankbaarheid neer met ‘n pen. (oulike wenk: wanneer jy bladsy 3 tot 6 wil uitdruk kan jy kies hoeveel “pages per sheet” daar moet wees. Kies dan die getal 4, sodat al 4 kaartjies op een bladsy gedruk sal word. Dan kan jy net elke kaartjie uitsny).
  4. Maak seker die houer vir die gesin is iewers waar almal dit maklik kan raaksien soos die kombuis of sitkamer en dan die houer vir julle as paartjie kom natuurlik in die slaapkamer.
  5. Soos wat jy, jou maat of jou kinders aan enige iets kan dink waarvoor julle dankbaar is vat julle ‘n dankbaarheidskaartjie en skryf neer waarvoor julle dankbaar is en sit dit in die houer.
  6. Julle kan dan besluit of julle aan die einde van ‘n week of einde van ‘n maand die houer wil oopmaak en saam deur die verksillende dankbaarheidskaartjies gaan – hierdie kan ‘n oulike idee wees vir date night of ‘n manier hoe julle as ‘n gesin dieper gesprekke kan voer.

KLIEK HIER OM jou GRATIS Printable: “Houer van Dankbaarheid vir jou huwelik en gesin” af te laai.