Somertyd is kuiertyd en oefentyd, want ná ’n strawwe winter wil ’n mens die langer dae en ekstra sonlig vier deur buite te wees en méér aktiwiteite aan te pak. As jy en jou maat mekaar wil aanspoor tot ’n gesonde leefstyl en fiksheid, moet julle mekaar help en ondersteun.

Promosie

Kos wat kraak

Die aantal eetplanne en gesondheidsgiere kan soms jou kop behoorlik laat draai -dit is belangrik om te kyk wat vir jou werk. Sodra jy moeg en gespanne raak, is jy geneig om jou aan gemorskos en kitsenergie-bronne te vergryp. Hier is ’n paar gesonde eetwenke:

• Vars en onverwerkte kos is altyd beter. Sorg dat julle elke dag vars vrugte en groente inneem. Kies vrugte en groente uit die verskillende kleurgroepe en gebruik dit as ’n gesonde peuselhappie.

Promosie

• Verminder jou suikerinname. Wees bedag op verskuilde en bygevoegde suikers in byvoorbeeld ontbytpap, koeldrank en souse.

• Weet wat jy eet. Leer jouself doelbewus om etikette te lees. Dit is nie nodig om fanaties te raaknie, maar sorg dat jy ingelig is omtrent dit wat jy gereeld inneem.

• Neute (verkieslik ongesout) is ’n gesonde peuselhappie vir jou lessenaar, laai of rugsak. Die vette en olies hou jou langer versadig. ’n Gesonde energiestafie met neuter sal ook help voor en ná jy geoefen het.

• Verhoog jou vloeistof-inname deur baie water en rehidrasie-drankies te drink veral wanneer jy oefen. Nudrate se nuwe WHO osmolariteit-formule is baie doeltreffend vir aktiewe paartjies.

• Balans is die wagwoord. Moenie jouself straf en weerhou van alles wat lekker is nie. Kyk hoe streng julle byvoorbeeld in die week kan eet en hoe julle julself naweke kan beloon.

Een, twee, drie, skop!

As jy ’n oefenmaat het, help dit jou om gemotiveerd te bly én jy het iemand wat jou verantwoordbaar hou. Hier is wenke om ’n gesonde leefstyl aan te kweek en te handhaaf:

• Oefen gereeld. As jy lang ure werk, is dit ekstra elangrik om te sorg dat daar ’n manier is om van die dag se spanning te ontlaai. Jy kan voor werk oefen as jou werksure dit toelaat. Benut ook jou etenstyd deur op te staan van jou lessenaar.

• Doen die regte tipe oefening vir jou leefstyl. As jy sukkel om gereeld by die gimnasium uit te kom, moet jy kyk watter tipe oefening by jou schedule inpas. Stap 3-5 maal per week flink in jul buurt of doen oefening in jou sitkamer.

• Kyk hoe jy oor naweke die natuur in jou omgewing kan benut. Baie plekke het Saterdae ’n pretdraf of ander sportaktiwiteite. Kyk hoe julle die hele gesin kan betrek, as pa en ma aktief is, sal dit ook die kinders aanspoor om nie heeldag aan televisieskerms, fone en tablette vas te klou nie.

Gesonde eetgewoontes en oefening vul mekaar aan en as jy baie werkstres het, is jy veral geneig om dit af te skeep. Stel vir julself ’n gesonde leefstylplan op waarmee julle weekliks jul vordering kan meet. Geniet die somerkosse en –aktiwiteite saam met jou maat!

Vir meer inligting besoek gerus nudrate.co.za