Neem ’n wasgoedpennetjie van hout, ’n swart pen en wit en rooi verf.

Promosie

Teken nou ’n koevertjie (3cm breed en so hoog soos die toe pennetjie) aan die voorpunt van die wasgoedpennetjie met die swart pen en kleur dit in met wit verf. “Seël” die koevertjie met ’n rooi hartjie. Skryf op dieselfde kant (die dele wat met jou vingers geknyp word): “Jy het ’n boodskap.” Neem ’n klein wit papiertjie van sowat 3cm breed en skryf ’n mooi boodskappie daarop (al is dit net “Lief vir jou”). Knyp die wasgoedpennetjie oop en plak nou die boonste deel van jou briefie vas binne aan die bokant en die onderste gedeelte binne aan die onderkant.

As die pennetjie dus nie geknyp word nie, lyk dit soos ’n koevertjie, en deur die pennetjie te knyp, verskyn die “briefie” binne-in die koevertjie!

Promosie