Laat hom ekstra spesiaal voel deur sy koffie met ’n hart te versier!
Neem een vel A4-papier. Vou dit in die helfte en sny ’n perfekte hart daaruit (ongeveer 4cm op die breedste gedeelte).
Maak nou sy gunsteling koppie koffie met skuim of room bo-op. Neem die vel papier en posisioneer dit só bo-op die koppie dat die hart in die middel lê.
Strooi nou kaneel of warm sjokoladepoeier oor die hart en siedaar!