Laat jou man ’n bietjie “werk” vir sy komplimente!
Skryf ’n paar gedagtes wat jy oor hom koester neer op stukkies papier. Dit kan komplimente, herinneringe of woorde van bewondering wees. Koop nou ’n paar ballonne, teken ’n smiley face op elkeen en vul elke ballon met ’n gedagte. Laat hulle opblaas met helium en opstyg teen jul plafon.
Maak ’n spesiale speld vir hom deur die wasomhulsel van daardie klein rooi kasies wat ’n mens koop, te neem en met jou vingers ’n driedimensionele hartjie daaruit te vorm. Maak die hart bo-aan ’n speld vas, draai dit toe in ’n boksie en gee dit vir hom wanneer hy by die huis kom om sy ballonne mee te prik en sy woorde te lees.
Deur Annelize Steyn