Dis eenvoudig, romanties en spesiaal.
Neem ’n bloedrooi appel en ’n skerp mes. Kerf jul voorletters op die appel met ’n hart rondom uitgekerf. Neem suurlemoensap en bedek die uitgekerfte dele daarmee om te voorkom dat dit verbruin.
Los dit in die vrugtebak vir hom om self te “ontdek” of pak dit vir hom in werk toe vir ’n spesiale bederf wat sekerlik ’n glimlag op sy gesig sal sit.
Deur Annelize Steyn