Wat julle spesifieke uitdagings is:
  • Julle is nuut in julle beroepe. Mans begin gewoonlik nou al beplan om hulself op te werk in hul beroepe, sodat hulle kan vorder in hul posisies. Dit kan spanning op ’n huweliksverhouding plaas en verg baie tyd en energie. As die vrou baie ingestel is op haar beroep, kan presies dieselfde vir haar geld.
  • Daar word beslis van julle verwag om heeltemal selfstandig te kan funksioneer.
  • Julle begin bou en uitsorteer aan drome vir julleself vorentoe. Dit verg dat julle ook baie goed moet leer kommunikeer – ’n reuse emosionele taak.
Voordele:
  • Julle het klaar geswot of het ander voorbereiding vir ’n beroep wat afgehandel is.
  • Julle het kans gehad om dalk vir langer ’n verhouding te hê en ken mekaar al beter.
  • Julle verhouding het kans gehad om oor die verliefdheidstadium te kom, wat dit makliker maak om mekaar se swakhede raak te sien (en nie net deur ’n rooskleurige bril na mekaar te staar nie).
Nadele:
  • Jy mag dalk eers net wil fokus op jou beroep en om nou te trou, trek jou aandag van jou beroepsdoelwit af.
  • As julle mekaar nog kort ken, mag julle dalk ’n paar verrassings kry, soos wat julle verhouding na die huwelik verander.
  • As julle reeds lank ’n verhouding het, mag dit moeilik wees om jul seksuele verhouding uit te stel tot in die mid-twintigs as julle gekant is teen seks voor die huwelik. Julle is al biologies en emosioneel reg vir seks van vroeg in jul verhouding af.
  • As julle nie te laat wil begin kinders kry nie, sal julle moontlik nog redelik kort getroud wees wanneer julle met ’n gesin begin.

KLIEK HIER vir die volledige artikel “Op watter ouderdom moet ek trou?”

Promosie