’n Verhaal van Twee Huwelike
Lisa en James was tien jaar getroud toe sy ‘n verandering opmerk. James het ‘n nuwe kollega, Sarah, ontmoet. Aanvanklik was hul vriendskap onskuldig, maar gou het James gereeld vir Sarah boodskappe gestuur—grappies gedeel, frustrasies uitgespreek en selfs persoonlike probleme gedeel. Stadig maar seker het die diep gesprekke wat hy eens met Lisa gehad het, al hoe minder geword en is dit vervang met boodskappe aan Sarah.
Intussen het Michael en Isabelle, ‘n ander paartjie, ‘n soortgelyke situasie ervaar. Michael het ook nou saam met ‘n vroulike kollega gewerk, maar hy en Isabelle het van die begin af duidelike grense gestel. Michael het sy vrou aan sy kollega voorgestel, sy gesprekke professioneel gehou en seker gemaak dat sy optrede hul huwelik eer.
Twee huwelike—een verswak deur onduidelike grense, en een versterk deur duidelike beginsels.
Wat het die verskil gemaak? Grense.
Waarom Grense Belangrik is in die Huwelik
Die huwelik is ‘n heilige verbond en ‘n weerspieëling van God se liefde (Efesiërs 5:25). Maar selfs die sterkste verhoudings het grense nodig—riglyne wat intimiteit beskerm, vertroue bevorder en versoekings weghou.
Baie mense dink grense beperk ‘n huwelik, maar in werklikheid beskerm en versterk dit dit. Dit is soos die mure van ‘n huis wat die mense binne beskerm teen die elemente buite. Grense in die huwelik verskaf veiligheid en stabiliteit, wat die liefde tussen man en vrou kan bou en beskerm teen die uitdagings wat van buite af kom.
“Want ons stryd is nie teen vlees en bloed nie, maar teen die heersers, teen die magte, teen die wêreldheersers van die duisternis van hierdie tyd, teen die geestelike boosheid in die lug.” (Efesiërs 6:12)
1 Petrus 5:8: “Wees nugter en waak, want julle vyand, die duiwel, loop rond soos ‘n brullende leeu wat iemand wil verslind.”
Ons lei hieruit af:
- Die duiwel is doelbewus – Hy loop nie eenvoudig rond nie, maar soek aktief maniere om gelowiges skade aan te doen en hul verhoudings te vernietig.
- Waaksaamheid is belangrik – Ons moenie naïef wees nie! Ons moet waak en bewus wees van sy strategie van fyn manipulasie om ons te mislei en te vernietig.
As ons besef en aanvaar dat ons stryd teen geestelike magte is, hoe kan ons ons huwelik beskerm teen die vyand se pogings om ons uit mekaar te dryf?
Wat is Gesonde Grense in die Huwelik?
Grense help om te bepaal wat aan elkeen behoort, emosioneel, geestelik en fisies. Soos Boundaries deur Dr. Henry Cloud en Dr. John Townsend verduidelik, skep dit ‘n raamwerk vir wedersydse respek en verantwoordelikheid.
- Emosionele Grense
💡 Voorbeeld: As jy verwyderd voel van jou huweliksmaat en eerder met ‘n vriend praat as om dit met jou man/vrou te bespreek, kan dit ‘n ongewenste emosionele band skep.
✅ Gesonde Praktyk: Deel jou diepste gedagtes en gevoelens primêr met jou huweliksmaat. Soek God as jou eerste bron van krag.
📖 Spreuke 4:23 – “Bewaar jou hart meer as alles wat bewaar moet word, want daaruit is die oorspronge van die lewe.”
Vrae om aan mekaar te vra:
- Deel ons nog ons diepste gedagtes, bekommernisse en emosies eerste met mekaar?
- Is daar areas van my lewe waar ek emosioneel van jou onttrek het?
- Hoe kan ons ons emosionele verbinding as paartjie versterk?
- Fisiese Grense
💡 Voorbeeld 1 (Liefde in die openbaar): Hoe ons mekaar liefde gee in die openbaar (publiek) kan tussen paartjies verskil—wat die een persoon aanvaarbaar vind, mag die ander ongemaklik maak. Byvoorbeeld, een van julle twee mag gemaklik wees om in die openbaar te soen, terwyl die ander nie daarvan hou nie, veral buite die privaatheid van die huis.
💡 Voorbeeld 2 (Seksuele Grense): Fisiese grense strek ook na die seksuele verhouding in die huwelik. Beide moet saamstem oor wat gemaklik en respekteerbaar voel in hulle intieme lewe, en verseker dat albei se behoeftes en begeertes in ‘n manier vervul word wat die verhouding eer.
✅ Gesonde Praktyk: Bespreek en stem saam oor geskikte fisiese grense in beide openbare en private omstandighede wat jou huwelik eer en mekaar se gemakvlak respekteer.
📖 1 Korintiërs 6:18 – “Vlug vir seksuele onsedelikheid.”
Vrae om aan mekaar te vra:
- Hoe voel jy oor fisiese aanraking in die publiek—wat is vir ons albei aanvaarbaar ?
- Toon ek fisiese liefde op ‘n manier wat jou geliefd en waardeer laat voel?
- Is daar enige fisiese grense wat ons moet bespreek?
- Hoe kan ons ons huwelik beskerm teen fisiese versoekings?
- Tydsgrense
💡 Voorbeeld: As werk, stokperdjies of sosiale media jou tyd verteer, kan jou huwelik daaronder ly.
✅ Gesonde Praktyk: Maak ononderbroke tyd vir jou huweliksmaat beskikbaar. Skep weeklikse tye om alleen saam te wees sonder enige iets wat julle aandag aflaai. Kwaliteittyd om julle band te versterk.
📖 Efesiërs 5:15-16 – “Let dan goed op hoe julle wandel, nie as onwyse nie, maar as wyse; en koop die tyd uit, omdat die dae boos is.”
Vrae om aan mekaar te vra:
- Maak ons genoeg kwaliteittyd vir mekaar?
- Is daar aktiwiteite of verpligtinge wat te veel van my tyd wegneem?
- Wat kan ons doen om meer doelbewus saam te wees?
- Finansiële Grense
💡 Voorbeeld: Geheime besteding of finansiële probleme wat weggesteek word, kan vertroue in ‘n huwelik afbreek.
✅ Gesonde Praktyk: Wees deursigtig oor inkomste, begroting en finansiële besluite.
📖 Lukas 16:10 – “Hy wat getrou is in die minste, is ook getrou in die meeste.”
Vrae om aan mekaar te vra:
- Voel jy ek is finansieel deursigtig met jou?
- Is daar enige finansiële besluite wat ons meer openlik moet bespreek?
- Hoe kan ons beter saamwerk met finansiële beplanning?
Grense met die Teenoorgestelde Geslag: Beskerm Jul Huwelik só
In vandag se wêreld waar mans en vroue saam werk en sosialiseer, is dit noodsaaklik om bewustelik jul huwelik te beskerm.
- Beskerm Emosionele Intimiteit
💡 Voorbeeld: As jy jou huweliksfrustrasies of probleme met ‘n vriend van die teenoorgestelde geslag deel, kan ‘n emosionele band vorm en jou huwelik seer maak.
✅ Gesonde Praktyk: Moenie persoonlike uitdagings met ‘n vriend van die teenoorgestelde geslag deel nie. Nie eers een keer nie.
📖 Spreuke 5:15,18 – “Drink water uit jou eie put… en verbly jou oor die vrou van jou jeug.”
Vraag: Sal ek gemaklik wees as my maat my gesprekke met ‘n persoon van die teenoorgestelde geslag sou hoor?
- Hou Fisiese Grense Duidelik
💡 Voorbeeld: ‘n Te lang drukkie of ‘n toevallige aanraking kan ongemerk ‘n intieme band skep.
✅ Gesonde Praktyk: Hou fisiese interaksies professioneel en respekvol.
📖 1 Tessalonisense 5:22 – “Onthou julle van elke vorm van kwaad.”
Vraag: Maak my interaksies met die teenoorgestelde geslag jou ongemaklik?
- Beperk Een-tot-Een Situasies
💡 Voorbeeld: ‘n Ete saam met ‘n kollega van die teenoorgestelde geslag kan die verkeerde boodskap stuur – selfs al gebeur daar niks onvanpas nie.
✅ Gesonde Praktyk: Vermy privaat een-tot-een situasies. As een-op-een vergaderings nodig is (bv. werk), verseker deursigtigheid (bv. vertel jou lewensmaat).
📖 Efesiërs 5:3 – “Daar mag selfs geen sweem van onsedelikheid wees nie.”
Vraag: Is daar interaksies met die teenoorgestelde geslag waaroor jy ongemaklik voel?
- Wees Versigtig op Sosiale Media
💡 Voorbeeld: Gereelde boodskappe en kommentaar op ‘n persoon se foto’s kan ‘n verkeerde boodskap stuur.
✅ Gesonde Praktyk: Wees versigtig hoe jy aanlyn kommunikeer.
Vraag: Eer my aanlyn gedrag ons huwelik?
- Wees Oop oor Interaksie
💡 Voorbeeld: As jy boodskappe verwyder of ‘n vriendskap van jou lewensmaat wegsteek, is dit ‘n rooi vlag dat ‘n grense dalk oorgesteek is, selfs al het dit onskuldig begin.
✅ Gesonde Praktyk: Openlikheid bou vertroue. As jou maat vra oor ‘n gesprek of verhouding, wees eerlik. As daar ’n rooi vlag is, stop dadelik
📖 Johannes 3:20 – “Elkeen wat boos doen, haat die lig en kom nie na die lig nie, sodat sy werke nie blootgestel word nie.”
Vra jouself af: Is daar ‘n rooi vlag in my lewe?
- Stel Duidelike Grense vir Kommunikasie
💡 Voorbeeld: Laatnag-boodskappe of persoonlike gesprekke deur sosiale media mag onskuldig lyk, maar dit kan geheimhouding en emosionele intimiteit buite jou huwelik skep.
✅ Gesonde Praktyk: Hou kommunikasie met die teenoorgestelde geslag doelbewus en professioneel. As iemand begin oortree byvoorbeeld deur te flirt, te veel met jou deel, of emosionele ondersteuning soek, verminder die kontak. Jy is nie die antwoord vir daardie persoon se emosionele behoefte nie.
📖 Matteus 26:41 – “Waak en bid, sodat julle nie in versoeking kom nie. Die gees is gewillig, maar die vlees is swak.”
Vraag: Wat is aanvaarbare kommunikasie met die teenoorgestelde geslag?
Grense Versterk Liefde, Dit Beperk Dit Nie
Gesonde grense gaan nie oor vrees of beheer nie—dit gaan oor om jou huweliksmaat te eer, jou huwelik te beskerm en God te gehoorsaam.
In ‘n wêreld waar huwelike dikwels ly onder emosionele affairs, verkeerde prioriteite en onduidelike lyne, is duidelike grense ‘n doelbewuste stap na ‘n blywende, sterk huwelik wat God eer. Watter grense moet ons vandag in ons huwelik versterk?
– Deur Liezel van der Merwe