Is jy en jou maat nuuskierig oor intieme speelgoed? Wil julle julle intieme lewe van “vanilla” na “sprinkles on top” neem? Dan het ons die perfekte uitdaging vir julle!
Kom ons praat daaroor!
Ons het vir julle ‘n kundige op die gebied van intieme produkte gaan soek: Leigh-Ann Patel van Ignite Intimacy!
Leigh-Ann kon nerens kry waar sy in veiligheid kon gesels oor intimiteit, lae libido en ander intieme vrae nie… toe besluit sy om self so platform te skep! Dis ‘n veilige plek waar jy kan leer, bietjie kan navorsing doen!
Vir 7 dae (28 Oktober tot 2 November) gaan ons jou deur verskillende vlakke van intimiteit vat:
- Hoe kommunikeer ons oor intimiteit? Hoe sê ek waarvan ek hou, en waarvan ek nie hou nie? Kan ons ooit daaroor praat?
- Wat kan ons gebruik om ons libidos bietjie hoër te kry?
Elke dag sal julle toegang hê tot 2 videos wat al julle vrae gaan beantwoord – van “mild” tot “wild”! Maar moenie bekommerd wees nie; ons hou dit veilig, professioneel, smaakvol en intiem. Geen “sleezy gemors” hier nie!
Boonop kan julle ook produkte by Leigh-Ann bestel – alles veilig, privaat, en diskreet. Hierdie uitdaging gaan vir julle ’n verskil maak waar dit saakmaak! Ons neem julle van “so-so” na “vuurwarm”, of van warm na kookwater!
Hierdie uitdaging gaan vir jou ‘n verskil maak daar waar dit saakmaak! Ons vat jou van so-so na vuurwarm! Of van warm na kookwater toe!
Al wat jy hoef te doen is om jou besonderhede hier te voltooi. Ons stuur elke dag vir jou ‘n GRATIS epos met daardie dag se info. Dit neem jou dan na ‘n bladsy op ons webwerf toe wat jy met ‘n wagwoord gaan kan oopmaak. Alles veilig, smaakvol, maklik. Privaat.
En hier’s die kersie op die koek: Alle deelnemers het die kans om ‘n prys ter waarde van R1199 van Ignite Intimacy te wen! Lekkerrrrrrrrrrrrrrrr!! PLUS: Daar gaan elke dag iets wees om te doen wat jou kanse om te wen NOG groter gaan maak – maak seker jy lees elke dag jou epos!
So lyk die prys wat jy kan wen as jy inskryf: