#7 Jy gebruik jou tande dáár waar dit saak maak.
Wanneer jy ligweg met jou tande oor sy lyf speel en saggies aan sy onderlip kibbel as julle soen, kan ’n man jou tande as deel van die liefdespel visualiseer – moet dit net nie naby sy genitalieë bring nie! Die meeste mans is dit eens: ’n penis en ’n vrou se tande is nie speelmaats nie. Onthou dit wanneer jy hom weer orale seks gee – hoe minder tande, hoe minder senuwees en hoe meer plesier vir hom! (Hierdie reël geld natuurlik glad nie as jy hom en sy ontvangsdame op jou kombuis se nuwe granietblad betrap nie.)