“Ek het nie gedink dit sal met ons gebeur nie”, sê jou vriendin met trane in haar oë. “Ons het net uitmekaar gedryf”. Jy kan dit self nie glo nie. Hulle was dan so gelukkig. Dit was ‘n normale huwelik soos al die ander. Ja, daar was maar hier en daar ‘n krapperigheid en so nou en dan het sy en manlief nie saamgestem oor klein dingetjies nie, maar niks om oor te skei nie.  Jy wonder waar dit alles verkeerd gegaan het? As hulle huwelik dit nie gemaak het nie, watter kans staan die res?

Met tussen 40% en 50% van alle huwelike wat in die skeihof eindig, dink jy steeds dat huwelike maklik is? Dat dit nie werk vereis nie? Dat dit veilig is om aan te neem jou huwelik is untouchable? Dat okay goed genoeg is?

Die hoofredes vir egskeiding is nie noodwendig groot goed soos ontrouheid nie… Kommunikasieprobleme, verskillende doelwitte en prioriteite in ‘n paartjie se lewe, finansiële uitdagings, en ook ‘n gebrek aan intimiteit (fisies en emosioneel) is net sulke groot sondebokke!

Huwelike kom nie met handleidings nie. Ja, natuurlik het ons die Woord van God wat baie pertinent vir ons leer hoe om te handel, te wandel en mekaar te hanteer – ‘n lewensbelangrike wapen vir enige huwelik. Maar waar leer ons hoe om mooi te luister en mekaar te hoor? Waar leer ons hoe om dinge uit te sorteer sonder om te baklei? Waar kry ons idees vir date nights, eerder net as nog ‘n preek oor hoe belangrik date nights vir jou huwelik is? Waar kan ons soos volwassenes gesels en leer oor intimiteit, op ‘n plek wat veilig is?  Waar kan ons leer by ander paartjies wat alreeds die pad gestap het, en notas neem sodat ons nie ook ons koppe teen dieselfde klippe gaan stamp nie? Waar kan ons die tipe vrae vra wat ons nie eers vir ons besties kan vra nie? En waar kry ons dit alles op ‘n LEKKER manier, want ons is after all, lekker mense?

*Drum roll*

Ons stel bekend: www.ekenjy.net

Wat is Ek en Jy?

Dis ‘n PLAN vir ‘n elke-dag huwelik, opgedeel maand-vir-maand in afdelings. Elke maand ontvang jy ‘n nuwe plan met praktiese wenke, kreatiewe idees en uitdagings om jou huwelik te versterk en die vlammetjie aan die brand te hou.

In die Bybel lees ons van Nehemia wat die muur moes bou… Stukkie vir stukkie, baksteen vir baksteen. Elke gaatjie moes toe, elke swak plekkie moes versterk word..

Net soos ‘n muur ‘n sterk fondasie benodig om die struktuur te ondersteun, net so vereis ‘n suksesvolle huwelik ‘n soliede fondasie van vertroue, respek, en kommunikasie. ‘n Huwelik wat op ‘n sterk fondasie gebou is, kan alle uitdagings weerstaan. Te veel huwelike in Suid Afrika trek swaar… Dis waar www.ekenjy.net inkom. Ons wil daardie muur so sterk as moontlik kry, sodat jou huwelik teen enige aanval of uitdaging kan staande bly.

Jy hoef glad nie te dink nie, ons het alles vir jou bymekaar gesit!

Dis ‘n plan wat gaan werk! Hoeveel keer het jy al ‘n dieet gevolg of ‘n oefenplan iewers op die internet gekoop? Elke keer moet jy duime vas hou dat die program gaan werk, reg? Met www.ekenjy.net is dit ANDERS. Ons weet hierdie plan gaan werk! INTIEM fokus al op huwelike sedert 2006. Dis wie is ons is. Dis wat ons doen. Dis waaroor ons passievol is, en waarvoor ons sal baklei! Dis God-gesentreerd-en-geinspireerd! Ons bid voor ons ‘n nuwe projek aanpak, of sommer net voor ons ‘n nuwe artikel skryf. www.ekenjy.net is ‘n hartsaak, nie net nog ‘n webwerf nie.

Wanneer jy aansluit, begin jy by Maand 1. Na ‘n maand “unlock” jy Maand 2 se inhoud. Dan het jy toegang tot beide Maand 1 en Maand 2 se info. Maand 1 is jou fondasie, en elke maand bou ons ‘n stukkie verder, tot jou huwelikshuis sterk is met die allermooiste versierings, mooiste blomme en groenste gras… Ons bou ‘n MOOI en STERK huwelik saam met jou!

www.ekenjy.net bestaan uit 8 hoofafdelings:

  1. Die oorsig vir die maand – ons vertel jou wat jy van elke maand kan verwag in jou plan.
  2. Geestelike plan – ons gee vir jou 30 kort dagstukkies, een vir elke dag. Lees dit daagliks gou saam met jou maat… ‘n driedubbele tou breek nie maklik nie!
  3. Master Class – kom leer saam en groei saam met interessante onderwerpe.
  4. Podcasts – INTIEM se gewildste radio onderhoude, spesifiek uitgesoek om elke maand se plan te komplementeer.
  5. Storietyd – ‘n Geselsie met Liezel (Besturende Redakteur van INTIEM) en haar man Nico. Kom ontdek geheime van ‘n huwelik wat al 30 jaar hou…
  6. Bonus – Interessante lekkertes, links en idees.
  7. Ons gesels met – Onderhoude met kenners en bekendes.
  8. Ek ek jy Maandplan – hierdie is jou PLAN vir die maand, en bevat die volgende afdelings:

  1. Elke dag oomblikke – gewoontes en idees vir elke dag. Hierdie gaan ‘n daadwerklike verskil in jou huwelik maak!
  2. Date nights – ons haal die dinkwerk uit date nights. Daar is iets vir elkeen, en glo ons, dis nie “arm en ‘n been” tipe idees nie. Dis lekker en haalbaar!
  3. Feestyd – kom kook saam… van die kombuis tot in die slaapkamer met die heerlikste resepte! Ons help jou stap vir stap.
  4. Wegbreekplanne – ontdek Suid Afrika se mees romantiese plekke… Ons gaan snuffel hulle vir jou uit en deel ook ons eie ervarings!
  5. Katjierie – sensueel en seksueel… bedpret! Ons sê dit soos dit is en deel witwarm wenke.
  6. Kommunikasie – elke maand deel ons wenke wat goud werd is. Leer om reg te gesels en mekaar regtig te hoor!
  7. Kom vind uit – van temperamente tot liefdestale, ons doen elke maand ‘n lekker toetsie!
  8. Respek en liefde – mans soek respek, vrouens soek liefde. Ons leer jou hoe om hierdie kringloop reg te hanteer! Verstaan hierdie reg en jy gaan ‘n BAIE gelukkige maat in die huis hê!
  9. Selfsorg en groei – want ‘n gesonde JY lei tot ‘n gesonde huwelik.

Ek en Jy is nie net vir mense wat voel hulle het probleme in hulle huwelike nie. GLAD nie! Dis vir almal wat regtig net saam met INTIEM ‘n visie deel om sterker, lekkerder, gesonder huwelike te hê. Jy diens mos nie jou motor eers as hy breek nie… jy diens hom sodat hy nie breek nie! Is jou huwelik nie veel meer werd as jou motor nie? Diens hom sommer van vandag af! www.ekenjy.net is die lekkerste diensplan tans op die mark…

Ons het genoem dat Ek en Jy deur INTIEM saamgestel is… Wie of wat is INTIEM?

  • Van 2006 tot 2018 publiseer INTIEM meer as 100 tydskrifte vir die getroude paartjie met van Suid Afrika se bekendste glanspaartjies op die voorblad.
  • In die tyd het INTIEM ook 5 romantiese bootreise vir paartjies gereel, 6 jaar in ry SA Huweliksweek in Suid Afrika gedryf (dis deel van Internasionale Huweliksweek wat regoor die wêreld gevier word!) en meer as 20 couples oggende vanaf Pretoria tot in Kaap aangebied.
  • In 2018 maak INTIEM die besluit om 100% digitaal te gaan – die tydskrif word nie meer gedruk nie, en alle inhoud word gratis op intiem.co.za beskikbaar gestel.
  • INTIEM werk saam met kundiges regoor Suid Afrika – kenners wat al van die begin af met ons hande gevat het, en steeds ‘n pad saam loop.
  • In 2024 is Liezel van der Merwe, Redakteur van INTIEM steeds maandeliks op Groot FM, Pretora FM, en Radio Kansel, om oor INTIEM en huwelike te gesels.
  • Die INTIEM liefdesbrug (soortgelyk aan die liefdesbrug in Parys) staan steeds by Magnolia Dal in Pretoria en duisende paartjies het al hul slotte daar gaan hang as ewige simbool van hul liefde.
  • Meer as 200 000 Facebook fans kuier daagliks saam met ons en ons website kry so gemiddeld 60 000 tot 80 000 besoekers per maand…

Moenie langer uitstel nie! Teken vandag in en kry dadelik toegang tot Maand 1 van Ek en Jy! Jou registrasiefooi is SLEGS R5. Dan kan jy vir TWEE weke lank op die site kuier. Indien jy hou van wat jy sien, sal jou maandelikse subskripsie R99 per maand wees. Indien jy vir enige rede nie wil voortgaan nie, kanselleer jy bloot, en jy sal nie ‘n sent meer as die R5 registrasiefooi betaal nie.

Ons maak gebruik van Payfast, een van Suid Afrika se beste en veiligste betaalportale, so jy hoef glad nie bekommerd te wees dat daar ‘n riskiko aan verbonde is nie.

Indien jy na ‘n maand of twee wil kanselleer, maak jy bloot die webwerf oop, gaan na jou lidmaatskapbladsy toe, en druk die CANCEL knoppie. Geen fynskrif, no questions asked.

BONUS! Van jou TWEEDE maand af nooi ons jou uit om by ons WHATSAPP groep aan te sluit! Huweliksraad, idees, geselsies en ‘n geleentheid om vrae te vra… alles in die palm van jou hand. Hierdie diens is GRATIS vir alle www.ekenjy.net lede vanaf maand 2… Dit is ‘n groep waar net ADMINS boodskappe kan stuur, so jy hoef nie bekommerd te wees dat jy advertensies en prentjies gaan kry van ander mense af nie. Nou en dan gaan ons op voorafgereelde tye die groep oopmaak vir vrae en antwoord sessies, of vir huwelikskuiers…. LEKKER!!!

Wanneer jy belê in Ek en Jy, gaan hierdie vir jou waar word:

  • ‘n Gesonde huwelik is ‘n lekker plek om te wees!
  • Jou maat gaan daar wees om jou te vang wanneer jy val.
  • Jy lê nie alleen in die winter nie, jy kry nie koud nie.
  • Jy kan jou lewe met iemand deel en ‘n gesin bou.
  • Jy gaan dinge ervaar wat jy nooit op jou eie sal ervaar nie.
  • Jy het die voorreg om ‘n getuie vir iemand anders se lewe te wees.
  • Jy stap ‘n pad van heiligmaking en groei.
  • Jy leef ‘n 1 Korintiers 13 huwelik.
  • Jy gaan ‘n lofoffer aan God leef, want huwelik en verbond is Sy plan!
  • Jou gaan sommer net 500% lekkerder leef.
  • Jou kinders gaan gelukkig en veilig wees.
  • Al gaan dit nie altyd goed met jou nie, het jy ALTYD iemand in jou span!

Dis INTIEM op ‘n vlak wat jy nog nooit gesien het nie… Dis Ek en Jy! Dis hier, dis opwindend, dis anders, dis lekker!

Sê JA VIR ‘N GESONDE HUWELIK. Sê JA VIR ‘N LEKKER HUWELIK! Sê JA OMDAT JY OMGEE VIR JOU HUWELIK EN VIR JOU KINDERS EN VIR JOU FAMILIE…

Sê JA VIR www.ekenjy.net… WANT IN ‘N WêRELD VAN ONSEKERHEID, TWIS EN PYN, IS DIT NET EK EN JY TEEN DIE RES VAN DIE WêRELD!

KLIEK HIER EN SLUIT NOU AAN.