Lus vir woema in julle sekslewe, méér as om die kamerlig aan te los? Dis tyd om ’n nuwe posisie, of twee of drie of sewe, op die proef te stel. Hier is ’n paar wat julle minstens een keer in julle lewens moet aandurf.

Die resiesperd

Dié een is ’n variasie op woman on top. Hy lê op sy rug met sy knieë gebuig, sy skuif tussen sy bene in sodat sy wegkyk van hom. Sy stut haarself met een hand op sy onderbeen en die ander op sy maag en wieg vorentoe en agtertoe, totdat sy penis daardie spesiale plekkie diep binne-in haar vind. Vroue hou van dié posisie omdat hulle in beheer is.

Die woelige eierklitser

Promosie

Nie vir groentjies nie, maar die voordeel is weereens dat die vrou grootliks in beheer is – en watter man hou nie daarvan om soms onderdanig te wees nie? Om in posisie te kom, moet die man op sy rug lê met sy knieë teen sy bors. Sy hurk tussen sy bene met sy penis binne-in haar en sy bene om haar bene gevou terwyl hulle liefies in mekaar se oë kyk. Kinky!

Die kruiwa met ’n styf-gepompte wiel

Dié posisie is gewild onder mans én vroue omdat hy haar diep kan penetreer. Sy lê op haar rug met haar bene wat oor die bed se rand afhang. Hý staan voor haar. Sy kan haar bene op sy skouers laat rus of haar voete (nadat sy daardie sexy spykerhakskoene van haar uitgetrek het) op sy borskas plaas. Hy penetreer haar onder haar bene deur.

Die laatslaper

Julle hou daarvan om Saterdagoggende laat te lê en snoesig te wees. Dis die ideale geleentheid om vroetelrig te raak. Sy lig haar boonste been oor sý bobeen terwyl hulle lepellê. Die groot lekkerte is dat hy aan haar oor kan knibbel en soentjies in haar nek kan plant terwyl hy soete woordjies in haar oor fluister. Hy sal dol wees daaroor dat hy volkome toegang het tot haar. Julle kan seks hê, selfs al voel julle ’n bietjie lui!

Die seekat en die inkvis

Perfek as julle lus het vir stadige seks wat julle laat ontspan! Sit oorkant mekaar sodat julle in mekaar se oë kyk. Sy beweeg vorentoe totdat sy op sy skoot sit en vou haar bene om hom. Hy vou sy bene oor mekaar en penetreer haar. Sy wieg dan stadig vorentoe en agtertoe. Hierdie posisie is spesiaal omdat dit dikwels daartoe lei dat julle saam ’n orgasme bereik.

Sendeling met ’n twist

Daar is iets te sê vir vinnige, passievolle seks. Sy lê plat op haar maag met ’n kussing onder haar onderlyf. Hy lê bo-op haar, sy maak haar bene oop sodat hy haar kan penetreer en erg woelig raak – seks op die maat van ’n outydse tikmasjien! Aardskuddende orgasmes is gewaarborg. Die pas waarteen alles gebeur, maak dié een uniek. Ideaal vir ’n quickie.

Die tuinskêr (ook bekend as “die suurlemoenboom”)

Nog een vir ’n man wat soms die passasier wil wees – en vir vroue wat nie bang is om die stuurwiel vas te hou nie. Laat hom plat op sy rug lê en klim bo-op hom. Sprei jou bene stadig oop, so wyd oop soos jy kan. Stut jouself met jou hande op sy bors en wieg stadig vorentoe en agtertoe. Hoe wyer jy jou bene oopmaak, hoe dieper kan hy jou penetreer. (Dié een verskil nie regtig van woman on top nie, maar whatever, dit bly ’n wenner.)

Die sendeling-posisie bly immergroen. Maak dit ánders deur dit op ’n ongewone plek te doen – die sitkamerbank, die eetkamertafel, bo-op die wasmasjien. Onthou om die kinders by maatjies te laat oorslaap en geniet die eksperimente . . .

 

Deur JB Roux