Bestanddele:
60 ml bruismeel
60 ml suiker
30 ml kakao
Knippie sout
1 eier
45 ml melk
45 ml sonneblom olie

Promosie

Metode:
Smeer die binnekant van die koffie beker met botter of ‘non-stick cooking spray’. Plaas die meel, suiker, kakao en sout in die beker. Meng met ‘n vurk. Voeg die eier by en meng goed. Voeg die melk by en meng goed. Sit die beker in die mikrogolf vir 3 minute. Laat dit vir ‘n paar minute staan, voordat jy dit uit die beker haal. Bedien saam met roomys 🙂