As ouers wil julle net die beste vir jul gesin hê en daarom sorg julle vir voedsame en gebalanseerde maaltye op die tafel. Monsanto help boere en daarmee saam uiteindelik die eindverbruiker met goeie gesonde kos op die bord deur gebruik te maak van baanbrekerstegnologie en tegnieke. Hier is vyf dinge wat jy nié van geneties gemodifiseerde gewasse weet nie.

Promosie

1. Dit verbeter lewensgehalte
Monsanto se biotegnologie is nie net vir kommersiële boere bedoel nie, dit sorg ook dat kleinboere se oeste maklik kan verdubbel wanneer hulle die biotegnologie-roete begin volg het. Dié biotegnologiemaatskappy wil ’n betekenisvolle bydrae tot die mense se lewensgehalte maak deur vir die verbruiker saad beskikbaar te stel wat hulle jaar ná jaar weer wil plant.

2. Dit sorg vir beter voedingsgehalte
Deur geneties gemodifiseerde kos te produseer, kan die mineraal- of vitamien-inhoud verbeter word om al die nodige voedingstowwe te kan bied wat nodig is om wêreldwye wanvoeding te beveg. Die raklewe van gewasse kan ook verleng word en sodoende baie help in lande en gebiede waar voedingstofryke kos moeilik bekombaar is en ver afstande vervoer moet word.

3. Dit is veilig en gesond
Studies het bewys dat deur teling en biotegnologie word daar weerstand gebied teen die lewensgevaarlike Fusarium, wat GM mielies gesonder as ander mielies maak. GM voedsel is heeltemal veilig vir dier en mens.

Promosie

4. Dit help om die natuurlike hulpbronne te bewaar
Die mieliesaad wat Monsanto verkoop, bied beskerming teen stronkboorders. Só kan opbrengste beskerm word en is dit moontlik dat boere hoër opbrengste kan behaal. Boere kan dus meer produseer op minder grond en so help hulle ook om die natuurlike hulpbronne vir die toekoms te bewaar. GM gewasse benodig minder chemikalieë, masjinerie, landbougrond en tyd en daardeur help dit om omgewingsbesoedeling en gronderosie te verminder.

5. Dit kan die impak van droogte verklein
Een van Monsanto se nuutste deurbrake van ’n paar jaar gelede, is om ’n droogtebestande DroughtGard-geen te ontwikkel waaroor die Amerikaanse boere reeds baie opgewonde is. Dit stel die mielie in staat om in droë gebiede die vog makliker op te neem en beter te bewaar tussen wisselvallige reënbuie. Hierdie stapelgeen en kultivars sal waarskynlik in 2019 vir boere beskikbaar wees.

Geneties gemodifiseerde gewasse en biotegnologie verbeter daagliks die lewens van mens en dier. Die voordele van dié tegnologie is eindeloos en Monsanto sorg met hul naverkopediens dat boere en gebruikers gemoedsrus het.

“Monsanto vier vanjaar 50 jaar in Suid-Afrika. Hierdie wonderlike reis het op 14 Februarie 1968 begin toe Monsanto geregistreer is as verskaffer van landbouprodukte. Monsanto het oor die afgelope 50 jaar ’n positiewe impak op boere en landbou in Suid-Afrika gehad. Monsanto was nog altyd verbind tot volhoubare landbou en die feit dat ons soveel klem op volhoubaarheid lê beteken dat nie net die boer, of landbou voordeel sal trek nie, maar ook die verbuiker op die lang duur. Verhoogde opbrengste, en beter verbouingsmetodes, dra daartoe by dat minder natuurlike veld omgeploeg moet word vir voedselproduksie omdat opbrengs op bestaande produksielande of kommersiële lande verhoog word. Ons tegnologie het ook meegebring dat minder gevaarlike chemiese middels soos onder meer insekdoders, gespuit word,” sê Kobus Steenekamp, kommersiële en besigheidshoof van Monsanto Suid-Afrika.

Vir meer inligting, besoek monsanto.co.za