Wanneer jy dink aan die huwelik, dink jy aan passie, liefde, kommunikasie, pret en toewyding. Maar dit is deernis, nie passie nie, wat ‘n huwelik aanmekaar hou, het Betty Wright gesê

Promosie

“Compassion is at the heart of every little thing we do. It is the dearest quality we possess, yet all too often it can be cast aside with consequences too tragic to speak of. To lose our compassion, we lose what it is to be human,” meen die skrywer Karen Gately.

Jou liefde kan vol passie, pret en opwinding wees. As daar nie omgee, liefde kameraderie en onselfsugtigheid heers nie, help dit jou net mooi niks! ‘n Sagte gees het waarde. Werk met jou maat soos met jou kosbaarste geskenk. Dit is immers wie hy vir jou is…

Skrywer Shaunti Feldhan het in haar navorsing die volgende gevind: As jy ‘n wonderlike huwelik wil hê, wees goedhartig. “Dit klink eenvoudig, maar goedhartigheid is transformerend. Dit kan ‘n huweliks-rewolusie veroorsaak.

Promosie

Volgens Shaunti beteken dit nie net om gaaf te wees met jou man nie. Dit beteken om positief, bevestigend en vrygewig te wees met hom en óór hom. Selfs wanneer jy nie so voel nie. In die navorsing vir haar nuutste boek The Kindness Challenge, het sy gevind dat om goedheid tot jou huwelik te voeg, beteken om drie dinge vir 30 dae te doen:

  1. Moet niks negatiefs oor jou maat sê nie – nie vír hom nie en ook nie oor hom nie.
  2. Soek minstens een goeie eienskap of daad wat jy van hom kan waardeer en vertel dit vir hom én vir iemand anders.
  3. Doen een klein daad van goedheid of vrygewigheid.

Shaunti meen dat as jy al drie hierdie dinge op ‘n daaglikse basis doen, jy sal agterkom hoe jou woorde, jou dade en jou gevoelens verander, sodat jy ‘n meer goedhartige mens sal wíl wees.  In haar studies het sy gevind dat sowat 89% van diegene wat aan dié drie aspekte van goedhartigheid vir 30 dae aaneen gewerk het, se huwelike verbeter het.

Hier is 12 maniere waarop jy goedheid en deernis aan jou maat kan bewys:

  1. Deernis beteken nie om vir jou maat te hoef te vra wat fout is nie. Dit beteken nie dat iets noodwendig verkeerd is nie. Vra eerder: “Wat het jy op hierdie oomblik van my af nodig?”
  2. Kyk jou maat in die oë. Dis soms moeilik om die tyd te kry om waarlik te connect. Dis soms nodig om alles waarmee jy besig is vir ‘n oomblik te los en jou maat in sy oë te kyk. Dit sal hom goed laat voel om te weet jy maak tyd vir hom tussen sosiale media, die kinders en jou doen-lysie.
  3. Onthou waarvan jou maat hou. Dink terug aan die dae toe jy hierdie klein goedjies memoriseer het (U2, kondensmelk koffie, opgepofte kussings…) en gee dit alles vir hom.
  4. Moenie net dankbaar wees vir alles wat hy vir jou doen nie, maar vertél hom hoe dankbaar jy hiervoor is.
  5. Wanneer jy sien dat jou maat ‘n Blou Maandag, Blou Woensdag, Blou Vrydag of watter blou dag ookal gehad het, wees daar vir hom wanneer jy sien hy is ontvanklik daarvoor.
  6. Gee jou maat jou volle aandag. Jou maat verdien om gesien te word en erken te word. Dink aan die maniere waarop jy elke dag aandag soek en hoe jy hierdie aandag/erkenning aan jou maat kan gee.
  7. Moenie stereotipies wees nie. “Ek is so jammer oor jou verlies,” of “Ek is daar vir jou” of “Het jy ‘n slegte dag gehad?” Dit is alles clichés. Dink aan ander maniere waarop jy vir hom kan se dat jy empatie met hom het.
  8. Bederf hom met “die perfekte dag”. Vra hom hoe sy perfekte dag lyk en laat dit vir hom realiser. The Happy Wives Club stel voor dat jy die hele dag daaraan wy om aan sy behoeftes te voorsien.
  9. Soms hoef jy niks woorde te gebruik nie. Soms is ‘n subtiele aanraking genoeg. Daar is tye wanneer woorde net nie help nie. Op daardie dae, kan jy net by hom sit met jou hand op sy knie.
  10. Soms kan deernis ook gelykstaande wees aan humor. As jy goed is daarmee om jou maat te laat lag, kan ‘n goeie grap op die regte tyd net die regte doepa wees.
  11. Ondersteun sy drome, ideale en idees – selfs al is jy nie seker of dit kan werk nie. Hy twyfel waarskynlik in homself en jou ondersteuning sal hom dalk net gee wat hy nodig het om te vlieg.
  12. Moenie aanneem dat die vorm van deernis wat jou maat laas week nodig gehad het, dieselfde vorm van deernis is wat hy vandag nodig het nie.

Addisionele bronne: www.focusonthefamily.com; www.beliefnet.com

Artikel deur Annelize Steyn