Die heerlike rooi sjokolade-omhulde malvalekker met die beskuitjie-bodem het ’n romantiese konnotasie en is, ná dit ’n ruk lank van die rakke af verdwyn het, weer bekombaar – dié keer in ’n gepaste rooi foelie-verpakking! Dít is wat jy hiermee kan doen . . .

Promosie
  1. Hou ’n Sweetie Pie-kompetisie. Elkeen het sy eie manier om ’n Sweetie Pie te eet. Dalk byt jy eerste deur die sjokolade, lek dan die geklopte malvalekker-vulsel en eet heel laaste die beskuitjie! Of miskien hou jy van ’n volledige happie op ’n slag (beskuitjie, vulsel en sjokolade in een!). Koop ’n hele boks van dié lekker choccies en kyk wie kan die meeste interessante maniere ontdek om aan ’n Sweetie Pie te smul!
  2. Hou dit eenvoudig. Koop vir manlief ’n Sweetie Pie. Gebruik elke letter in die woorde “Sweetie Pie” om vir hom te beskryf hoeveel hy vir jou beteken. Skryf dit neer en pak dit vir hom in werk toe. Groot verrassing!
  3. Maak vir jouself ’n Sweetie Pie-bra. Koop twee Sweetie Pies en ’n bloedrooi satynlint. Sny die bodem-beskuitjies versigtig af sodat net die malvalekkers met hul sjokolade-omhulsel oorbly. Gebruik nou die taai bodem tot jou voordeel en “plak” die twee Sweetie Pies soos ’n stikini aan jou borste vas. As hulle nie stewig genoeg sit nie, gebruik die rooi lint en bind dit om jou lyf en om die Sweetie Pies. Manlief kan sy geskenk oopmaak en elke stukkie van sy verrassing verorber . . .
  4. Verras manlief met ’n Sweetie Pie op sy kussing. Maar hy moet gou agterkom dat dié Sweetie Pie byvoordele het! Maak vooraf die foelie op die bodem versigtig oop en skryf ’n briefie waarin jy in grafiese detail beskryf presies watter stoute gedagtes jy oor hom het. Steek die briefie daar weg vir hom om te kry wanneer hy sy “doodonskuldige” sweet wil geniet!
  5. Vir ’n baie soet kinkel op orale seks, breek weereens die koekie-gedeelte van die Sweetie Pie af en “plaas” Junior in die malvalekker-gedeelte (moenie lag nie, want dit gaan behoorlik soos ’n soldaat met ’n oorlog-helm lyk!). Nou kan jy na hartelus smul en terselfdertyd manlief se tone laat krul!
  6. Bederf jou man op sy verjaardag met ekstra spesiale kolwyntjies. Bak ’n dosyn vanielje-kolwyntjies en versier dit met sjokolade-versiersuiker. Neem nou 12 Sweetie Pies en haal hulle uit die foelie. Plak een Sweetie Pie op elke kolwyntjie. Maak “vlaggies” met tandestokkies wat jy in elke Sweetie Pie kan druk en skryf op elke “vlaggie”: “Jy is my Sweetie Pie!”
  7. Hê pret en maak soos die inwoners van Montreal. Hier staan Sweetie Pies as whippets bekend en ’n whippet word op ’n baie spesiale manier geëet – die malvalekker-gedeelte (bokant) word teen jou voorkop gestamp om die harde sjokoladedoppie te breek, voor jy jou eerste hap neem. Julle kan die gemors van mekaar se voorkoppe af soen!
  8. Hê pret in die kombuis deur jul eie Sweetie Pies te maak. Trek slegs jul voorskote aan en spring aan die werk. Julle kan resepte op die volgende twee skakels kry:
    yuppiechef.com/spatula/how-to-make-sweetie-pies / www.picknpay.co.za/recipe-search-results/sweetie-pies
  1. As julle heeltemal te lui is vir bogenoemde, kry die volgende byderhand: ’n Pakkie tennisbeskuitjies, ’n blok sjokolade en ’n pak malvalekkers. Smelt die sjokolade oor stadige hitte in die mikrogolfoond of bo-oor ’n pot kookwater. Braai nou die malvalekkers in die kaggelvuur, doop dit in die smeltsjokolade, daarna in die gekrummelde beskuitjies en voer vir mekaar! (Jy kan die beskuitjies ook heel hou en die gedoopte malvalekker tussen twee beskuitjies plaas, soos ’n koekie.)
  2. Doen vir manlief ’n ontkleedans, maar gebruik ’n Sweetie Pie as ’n prop. Trek bykans al jou klere uit en sodra hy dink die heerlike marteling is verby, gaan sit verleidelik op die stoel. Haal die Sweetie Pie uit sy verpakking en begin verleidelik daaraan eet terwyl jy voortdurend oogkontak hou. Ons kan nie waarborg dat jou man nie net daar en dan ’n einde gaan maak aan jou vertoning nie!

 

Deur Annelize Steyn

Promosie