‘n Geskenk vir jou maat is iets wat jou dikwels met die hande in die hare laat. Ons tyd is beperk en om in die winkels rond te drentel, is ‘n luukse wat min van ons kan bekostig.

“Ek is so maklik. My man kan vir my enigiets, van parfuum tot ‘n lekker oulike kombuis-gadget koop en ek is in die wolke!”verklaar vriendin nommer een nou-die-dag. Vriendin nommer twee voeg by: “Ek het al hóéveel keer die name van ‘n paar winkels genoem en gesê hy kan vir my énigiets daar binne koop, maar steeds raak hy paniekerig as Kersfees nader kom en stop vir my sy kredietkaart in die hand. Ek wil net één keer voel hy het moeite gedoen om self vir my iets te gaan uitsoek.”

Die feesseisoen kom nader en geskenke uitsoek is iets wat vrees inboesem by talle paartjies. Wat wil hy hê wat hy nie reeds het nie? Wat het sy nodig? Die feit dat dit eintlik oor die gedagte gaan, word verswelg deur die druk om die perfekte geskenk te kry.

Die webtuiste lifehack.org sê: “Wanneer jy ‘n geskenk vir iemand gee, is wat jy eintlik doen om met hulle te praat. Jy koop, maak of ontdek ‘n geskenk wat iets aan die ontvanger kommunikeer.” Daarom, as jy soek na die perfekte geskenk, vra: “Wat wil ek hiermee vir hom/haar sê?”

Promosie

As jy besluit het wat jy graag vir jou maat wil gee (en selfs as jy nog op soek is na inspirasie), wend jou gerus tot aanlyn-inkopies. Jy kan talle unieke idees kry en ook soek na die beste pryse – in jou eie huis! Aanlyn-inkopies is gemaklik en jy kan spitstyd in die winkels vermy. Die keuses is eindeloos en jy kan produkte, hul gehalte en hul pryse met mekaar vergelyk. Boonop kan jy vasstel of ander verbruikers gemaklik was/is met die produk wat jy van plan is om te koop (vóór jy die stap neem) danksy die resensies wat vir bykans enige produk beskikbaar is. Sommige aanlyn-winkels gee ook toegevoegde waarde deur afslagbewyse of oulike artikels wat jou kan help om ‘n ingeligte besluit te maak.

As jy geen idee het waar om te begin nie, gebruik ‘n aanlyn winkel soos www.obaro.co.za as inspirasie/wegspringplek. As jou maat ‘n boer of diereliefhebber is, sal jy hier iets kry wat waarde tot sy boerdery of stokperdjie bied. Hier is ook produkte vir die voertuig-fanatikus, jagter, die ywerige tuinier en die DIY-ghoeroe. Die webtuiste bied klere vir mans, vroue en kinders en as jy getroud is met ‘n organiseerder, kan jy ook oulike verpakkingsprodukte hier aankoop. Jou bestelling sal binne 2-10 dae by jou wees en aflewering is gratis vir enige bestelling van R400 of meer.

Voor jy dus oorweeg om die winkels aan die einde van die maand te trotseer, of saam met die massas jou Kersinkopies te doen, begin nou reeds soek na die perfekte geskenk (met ‘n koffie in die hand) en dink mooi hoe jy dié keer vir jou maat gaan sê dat jou liefde sonder perke is…

Vir meer inlitging oor Obaro besoek gerus www.obaro.co.za