Dis heerlike lente, die winter is verby! Nou is dit weer baie meer aanloklik om pret tussen die lakens te beplan. Sien jy en manlief kans vir die #30DaeVanBedpret-uitdaging in Oktober? Hier is ’n paar idees hoe jy jou sekuele gesondheid kan verbeter.

  1. Selfsorg – dis in jou hande

Jou kop is dalk reg vir ’n seksuitdaging van 30 dae, maar hoe maak jy met moegheid? Jy het skaars energie om jou tande te borsel. Niemand anders as jy kan verantwoordelikheid neem vir jou gesondheid nie! Tussen matige oefening, voedsame kos en die regte hulpmiddels, kan jy beheer neem om jou gesondheid te verbeter.

  1. Sê aa…nvulling

Tussen al jou verpligtinge is jy net nooit meer in die bui vir seks nie. Hoe gemaak om ’n gesonde seksdrang te kweek? Moenie bekommerd wees nie! Daar is geen rede waarom jy die intieme kant van jou lewe moet afskeep nie. Climux® VitaleFemme het ’n unieke doepa en hupstoot vir ’n gesonde seksdrang. Dié aanvulling kan jou totale seksuele gesondheid verbeter. Een uit vier vroue van alle ouderdomme sukkel met ’n gebrek aan ’n gesonde seksdrang. Hoewel dit dus ’n algemene probleem is, is daar min aanvullings op die mark wat hiermee help.

  1. Woema vir jonger vroue

Climux® VitaleFemme bevat Libifem wat ’n gestandardiseerde fenugreek-ekstrak is wat vroue help om ’n meer gesonde lewe te lei. Libifem bied jou ’n unieke kruie-oplossing wat die vroulike hormoon estradiol ondersteun en help om ’n gesonde seksdrang aan te wakker. Estradiol stimuleer die vaginale smeermiddel en bloedvloei wat ’n invloed op vroue se seksuele opwekking en orgasme het. Die produk is boonop ook suikervry.

  1. Floreer tydens jou menopouse

Jou menopouse hoef nie ’n geween en ’n gewroeg te wees nie. Met Climux® VitaleFemme kan jy floreer! ’n Vermindering van estradiol is ’n algemene kenmerk van menopouse. Menopouse is ’n normale biologiese proses met ’n hele paar simptome. Hierdie simptome kan ’n groot effek op vroue hê. Libifem is effektief om van hierdie simptome te verbeter en jou te help om ’n kwaliteit lewe te lei. Dié produk spreek die sleutelnutriënte aan wat vroue kortkom soos wat hulle verouder. Kry ondersteuning vir jou sellulêre gesondheid, energie-generering, immuniteitsfunksie en hormonale balans. Dit kan menopousale simptome soos nagsweet en warmgloede verminder. Die produk het alles wat jy nodig het in hierdie fase van jou lewe.

  1. ’n Bederf vir albei van julle

Climux® het ’n hele reeks opwindende produkte. Daar is selfs iets vir manlief ook! Kry vir julle albei ’n aanvulling (Climux® VitaleMen vir hom) en geniet die vuurwarm voordele wat dit julle bied. Besoek www. Climux.co.za vir meer inligting. Jy kan ook eersdaags uitkyk vir ’n uitgebreide reeks produkte met smeermiddels en vele meer wat julle in die slaapkamer kan benut.

Moenie toelaat dat enigiets jou weerhou en beroof van ’n gesonde sekslewe nie! Daar is geen rede om in stilte swaar te kry nie. Skuif nou al die verskonings opsy – met Climux® VitaleFemme gaan jou maat nie weet wat hom getref het nie! Neem vandag nog verantwoordelikheid vir jou seksuele gesondheid.