Sommige paartjies hét dit net. Dit lyk asof hulle seksueel só in voeling is met mekaar, dat hulle mekaar enige oomblik wil bespring. Wel, die kanse is goed dat hulle dit regkry, omdat hulle hul eie stel sexy gewoontes in hul slaapkamerlewe geïnkorporeer het.

Promosie

Elke seksuele verhouding is uniek. Net jy en jou maat ken die onuitgesproke reëls wat vir julle werk. Dalk het julle dit klaar uitgepluis. En dalk voel dit asof iets skort in jul sekslewe. Volgens ’n kliniese sielkundige, Ursula Ofman, kan jy jou sekslewe opkikker deur ’n paar sexy gewoontes in jou slaapkamer te kweek. Ons stem saam met haar. Soms is seks ’n doelbewuste keuse, want as jy wag vir die “gevoel” om jou beet te pak, kan jy dalk veel langer wag as wat gesond is vir jou huwelik.

Beproef dié 13 gewoontes:

1. Glo jy is Marilyn Monroe! Of enige ander sekssimbool. Om altyd te glo jy is begeerlik vir jou maat, is een van die belangrikste seksuele gewoontes wat jy kan aanleer. Weet dat jou man jou aantreklik vind, nie omdat hy ’n man is en alle mans seksueel opgewek word deur alle vroue nie, maar dat dit spesifiek jý is wat dit vir hom doen!
2. Vertel hom wat jou laat ril van lekkerkry! Gelukkige paartjies gebruik woorde in die bed. Hulle vertel mekaar wat lekker is en fokus op die positiewe. Iets soos: “Dit wat jy met jou tong gedoen het, het my wêreld laat draai,” is soveel warmer in die slaapkamer as ’n brokkie kritiek.
3. Teken seks in jul dagboeke aan. Ja, dis nie net die vervelige paartjies wat seks skeduleer nie, dis ook die gelukkige paartjies wat besef dat dit noodsaaklik is om soms beplande seks te hê – andersins mag dit dalk selde gebeur.
4. Maak van seks ’n sintuiglike fees! Ja, trek die aarbeie en room nader, laat flikker die kersies, speel sexy musiek, gebruik fluweel-handskoene . . . doen wat jy ookal kan om al jou sintuie by die seksspel te betrek. Dit help jou om af te skakel en regtig te fokus op die sensuele belewenis van die hier en nou.
5. Trek bed toe aan soos iemand wat nie klere het nie. Nêrens beteken die gesegde “Less is more” soveel soos in die slaapkamer nie. Trek sexy aan, en trek dan weer ’n paar items uit. As jy vanaand niks het wat sexy is nie, los die klere sommer heeltemal.
6. Oefen saam vir daardie endorfiene. Kenners meen dat paartjies wat saam oefen, meer gereeld seks het. Hulle het meer energie en stel meer endorfiene vry.
7. Speel soms solo! Masturbasie help jou om meer oor jou behoeftes te leer en dit verhoog jou libido. Julle hoef ook nie te masturbeer wanneer julle weg van mekaar is nie… deur voor hom te masturbeer as deel van die seksspel is ’n groot turn-on, meen kenners.
8. Verloor beheer, maar behou momentum. Die seksterapeut, Julie Jeske, vertel op Bustle.com dat seks soos oefening is – as jy ophou, is dit regtig moeilik om weer te begin. Hou dinge aan die gang, selfs net met ’n quickie hier en daar (as dit regtig besig is) en moenie streef na perfeksie nie. Julle mag dalk net wag vir die “perfekte oomblik” en voor julle jul oë kan uitvee, is weke verby!
9. Vergeet soms van “Bingo!”. Gelukkige, sexy paartjies geniet die reis soveel dat die bestemming nie juis saak maak nie. Seks hoef nie elke keer aardskuddend te wees nie en dit hoef nie elke keer in ’n orgasme te eindig nie.
10. Gee jou maat ’n troosprys. As jou maat toenadering soek en jy te moeg is vir full-blown seks, moet dit nie bloot net weier nie. Vervang volledige seks met ’n hand job of orale seks. Of stel dit net vir ’n rukkie uit (in plaas van áf!) en hou by die tyd.
11. Raak aan hom in die nag. ’n Studie deur ’n sielkundige, prof Richard Wiseman, het bevind dat paartjies wat nader aan mekaar slaap, sterker verhoudings het. En volgens hom is 94% van paartjies wat met mekaar kontak maak in die nag, gelukkig met hul huwelik, in vergelyking met 68% wat mekaar nie aanraak nie.
12. Verban verveling uit die slaapkamer. Maak seker dat verveling nie vatplek kry in jul huwelik nie. Gelukkige paartjies maak seker daar is variasie in hul sekslewe wat tyd van die dag, posisie en plek aanbetref.
13. Hou seks in gedagte. Die verhoudingsterapeut, Esther Perel, sê dat voorspel so te sê begin teen die einde van die vorige orgasme. Met ander woorde, alles wat jy buite die slaapkamer doen, skep die atmosfeer vir jul volgende sekssessie. Dra sy-onderklere om sexy te voel, praat suggestief met jou maat, rek verleidelik wanneer jy aantrek . . . en sien hoe julle ’n sexy mindset kweek.

Promosie

Addisionele bronne: www.drsexyann.com, www.bustle.com, www.telegraph.co.uk.