As dinge goed in die slaapkamer gaan, gaan dit goed met ’n huwelik. Dié gesang ken ons almal tot vervelens toe. Maar die meeste mans is salig onbewus daarvan dat die geluk van hul huwelik letterlik in hulle eie hande lê.

Promosie

Die kuns van sensuele massering is ’n pyl wat enige man in sy koker behoort te hê. Die kern van ’n goeie sensuele massering is om ’n spesiale atmosfeer te skep. Die tempo van die strelende sensoriese ontdekkingsreis is ook baie belangrik.

Hier is ’n paar masseringstegnieke wat elke man behoort te bemeester:

  • Shiatsu: Dit is die hoof-masseringstegniek wat in Japan aangewend word. Die duime word op ’n area geplaas waar spierknope is en sirkelbewegings word uitgevoer om die knoop te laat ontspan.
  • Sit haar onder druk: Pas afwaartse druk toe met die handpalms op ’n spesifieke area om bloedtoevoer na die area te verbeter. Dit word gewoonlik gedoen voordat die shiatsu-tegniek toegepas word.
  • Vryf en streel: Maak seker dat jou hande en nie haar rug geolie is nie. Hou jou vingers teen mekaar en verseker dat jou palms heeltyd in aanraking met haar liggaam bly, terwyl jy lang, stadige bewegings uitvoer.
  • Wrywingstegniek: Dit is ’n tegniek wat veral vir die voete en hande geskik is. Olie is oorbodig. Vryf jou kneukels ferm op en af teen die binnekant van haar voet op.
  • Volgens Jonti Searll, ’n sensualis van Johannesburg wat onderrig in sensuele en erotiese massering gee, moet jou eerste genitale aanraking – indien jou massering enigsins seksueel van aard gaan wees – eers ná minstens 15 tot 20 minute geskied en veersag wees.

 Tien plekke waar elke vrou aangeraak wil word:

Promosie
  • Hare en skedel.
  • Pelvis.
  • Binnekant van bobeen.
  • Voete.
  • Oorlobbe.
  • Palms van haar hande.
  • Agterkant van haar knieë.
  • Laerug
  • Sleutelbeen.
  • Kuiltjie van die nek.

 Wanneer die kwik styg, truuks om haar teen die dak uit te dryf:

  • Slakkepas: Dit is nie ’n sleepwedren nie. Wanneer dit by handstimulasie kom, wil vrouens die proses geniet. Vat jou tyd.
  • Goed geolie: Maak eerstens seker jou naels is gesny en dat jy ’n goeie sensuele smeermiddel aanwend – sy sal jou ewig dankbaar wees.
  • Tref die kol. Die G-kol en klitoris is die twee erogeniese sones wat direk verband hou met die vrou se vermoë om ’n orgasme te bereik. Die klitoris is aan die buitekant bo die labia geleë en is redelik maklik om te identifiseer. Die G-kol is effens moeiliker om te vind. Met die handpalm na bo, plaas twee vingers in die vagina en maak ’n beweging met jou vingers asof jy iemand nader roep. As jy ’n geriffelde gedeelte voel, is jy op die regte plek.
  • Twee is beter as een: Terwyl die G-kol gestimuleer word, gebruik jou duim om die klitoris te streel. Dit sal haar oë in haar kop laat terugrol. Begin met groot sirkelbewegings en gaan geleidelik kleiner. Kommunikasie is belangrik, want jou eggenoot se liggaamstaal sal vir jou ’n besliste aanduiding gee van wat werk en wat nie.
  • Stoute boudjies: Wiks daardie boude. Dit is ’n kuns. Maar daar is ’n fyn lyn tussen pyn en plesier. Hou jou hande bakkies met jou vingers teen mekaar, dit is ’n goeie manier om die geluid van die hou harder te maak sonder om die pynvlak te vermeerder. Terg haar en bou afwagting op tussen elke hou.

Ken die feite en tegnieke op die punte van jou vingers en vroulief sal jou ewig dankbaar wees.

 

Deur Ettienne van Rensburg