Wanneer julle vir ’n geruime tyd nie natuurlik kan swanger raak nie, oorval ’n gevoel van magteloosheid en wanhoop jou. Waarom tref onvrugbaarheid julle en wat kan julle daaraan doen? Hier is ’n paar dinge wat jy dalk nie oor onvrugbaarheid weet nie:

Promosie
  1. Dit is meer algemeen as wat jy dink

Een uit elke ses paartjies sukkel om swanger te raak. Die Wêreldgesondheidsorganisasie beskryf onvrugbaarheid as ’n siekte van die voortplantingsisteem, wanneer paartjies vir langer as 12 maande nie natuurlik swangerskap kan bereik nie. Onvrugbaarheid is ook nie iets wat beperk is slegs tot vroue nie, mans kan ook daarmee sukkel. Daarom is dit belangrik om by spesialiste soos Supreme Fertility™ uit te kom, wat na ’n paartjie se vrugbaarheidsgesondheid kyk om te bepaal wat moontlike oorsake van die probleem kan wees.

  1. ’n Gesonde leefstyl kan ’n verskil maak

Matige oefening, dieet en die nodige aanvullings kan ’n groot verskil aan jul vrugbaarheid maak. Minder kafeïen, minder alkohol, om op te hou rook en stresvlakke wat beheer word, kan bydra tot ’n gesonde leefstyl. Vermy ook gemorskos, te veel suiker en verwerkte koolhidrate. Supreme Fertility™ het ’n program van drie tot ses maande wat bestaan uit ’n reeks voedselaanvullings wat geformuleer is om optimale vrugbaarheid te ondersteun. Daar is ook ’n boekie wat al die inligting bevat wat jy nodig het oor vrugbaarheid, tesame met ’n dieet vir mans en vroue.

  1. Daar is bekostigbare hulp

Jy hoef nie dadelik na onbekostigbare opsies te gryp nie. Supreme Fertility™ bied ’n bekostigbare program,wat ‘n DNS-toets insluit aan, gemik op paartjies met onverklaarbare onvrugbaarheid. Of, wanneer fisieke oorsake van onvrugbaarheid uitgesluit is en voor in vitro-bevrugting oorweeg word. Die program is ook geskik vir paartjies met ’n persoonlike of familiegeskiedenis van onvrugbaarheid en/of miskrame. Dit help ook om optimale gesondheid te verseker wanneer ’n paartjie wil swanger raak.

Promosie
  1. Jou DNS kan help om die oorsake te bepaal

Daar is beslis nie een oplossing wat vir almal werk nie, daarom doen Supreme Fertility™ ’n unieke DNS-toets om te bepaal wat die moontlike oorsake van onvrugbaarheid in jul spesifieke geval kan wees. Dit help jou om te weet wat jý moet doen of vermy om vrugbaarheid te ondersteun en optimale gesondheid te verseker. Die voordeel van die DNS-toets is dat dit dokters help om vinniger moontlike genetiese probleme en biologiese uitdagings te identifiseer, sodat die korrekte behandeling kan begin.

  1. Wonderwerke neem tyd

Ongeag wat jul moontlike struikelblokke op die pad na swangerskap is, is dit belangrik om te onthou dat dit tyd gaan neem. Dit is natuurlik om ongeduldig te raak, maar onthou dat daar baie faktore is wat ’n rol kan speel. Moenie net jou drome om swanger te raak laat vaar omdat dit tyd neem om dit te bereik nie. Juis daarom is dit belangrik om kundige hulp by kenners soos Supreme Fertility™ te kry.

Moenie moed verloor en ophou soek na die oorsake van jou onvrugbaarheid nie. Daar is hulp beskikbaar en hou gouer jy hierdie program aanpak, hoe gouer kan jy gehelp word. Besoek www.supremefertility.co.za vir meer inligting.

Artikel deur Ernalize du Toit