‘n Huwelik hoef nie deur een massiewe dip te gaan om te verbrokkel nie ..dis die 10 talle klein goedjies wat die verbrokkeling veroorsaak.
Laas week was rof en onbeskof, by die huis en by die werk ..daar was baie grom-woorde ..baie ongeduld ..baie gesug en vele oë-rol oomblikke ..en dis mos maar ons naaste wat die slagoffer van ons vuil bui word.
Soooooo ..my boodskap was die bekende Matteus 7:12 – Julle moet aan ander mense doen soos julle wil hê ander mense moet aan julle doen.
Hierdie was my uitdaging van laas sondag af …ek gaan vir my man wees wat ek graag wil hê hy moet vir my wees.
Nou kyk ..moeilik is ‘n “understatement”, hierdie sterk persoonlikheid word nie maklik onderdruk nie.
Doen of sê hy iets waarvan ek nie hou nie of wat ek voel is verkeerd, wil ek hom baie gou bewus maak daarvan …net so hy weet hy moet dit nie weer doen nie …pfffft …as if!
Anyhooo….
Dit het begin met ‘n “af-sondag” …ek en M is spa toe vir ‘n wel verdiende bederf-dag …seuna is na my sussies toe …wat toe vir man-lief los om te doen, NET-WAT-HY-WIL! ek het gevra wat hy beplan …gevra of hy al reelings getref het met ‘n pel …gevra of hy gaan laat slaap of vroeg opstaan …en ek het antwoorde gekry soos: nee, ek weet nog nie, ek sal nog besluit. Ek het so frustreerd geraak …my maggies man.
En ek kom tot die besef ..hy is ‘n man ..het geen OCD ..het geen behoefte om te weet of dit volgende week gaan reën oor ek van plan is om die sitkamer bank se oortreksel te was nie ..sy dagboek is leeg, daar is miskien iemand se nommer neergeskryf ..die prys van ‘n nuwe bakkie ..en dalk ‘n nota om vir Pietie-iemand te bel.
Myne is vol sticky notes, onthou om te’s, afsprake, ens.
Los die man dat hy sy onbeplande dag geniet ..en hy het! Dag 1 ..sukses!
Maandag oggend, dag 2, by die kar groet ons mekaar en ek sê, “ek is Lief vir jou” ..en hy antwoord, “Maar?”
Aarde sluk my in! het ek wragtag daardie vrou geword!
Ek het belowe om hom te help glo daar is altyd meer goed as sleg.
Om hom vas te hou.
Om die Geduld te hê wat Liefde vra.
Om te praat wanneer dit nodig is maar ook die stilte te deel wanneer woorde min is.
Sy hart is my huis.
Ons huwelik is “once in a life time” ..ons moet die beste daarvan maak.
…ek kom nie my belofte na nie.
Ek het geKIES om nie te kla oor sy wonderlike talent om die wasgoedmandjie mis te gooi met sy sokkies nie ..ek het geKIES om hom te komplimenteer op sy oor-gesoute kos en eerder net dankbaar te wees dat hy wel aand ete gemaak het ..ek KIES om hom lief te hê nes hy is.
Hierdie week, dag 3, 4 en 5, is ek al bederf met ‘n boks tjoklits, ‘n bos rooi rose, ‘n kaartjie ..maar nie net enige kaartjie nie ..een waarin hy actually iets geskryf het ..en dis baie vir ‘n man wat nie baie romanties is nie ..ek was vertel hoe mooi ek vir hom is ..ek was vele kere verseker van hoe Lief hy my het ..hy het aandete gemaak ..en uit sy eie wasgoed gewas.
Ons tree op teenoor ons mans uit gevoel ..’n gevoel van frustrasie want hy het nou weer dit of dat gedoen ..’n gevoel van woede want hy het iets vergeet ..’n gevoel van hartseer want hy ..you get it ..verskil is, ons neem soveel langer as hulle om “oor dit te kom”….maw, ons mors kosbare tyd!
Ons projekteer al hierdie negatiewe gevoelens left, right en centre en los geen plek vir die positiewe, feel-good feelings nie.
Fake it till you make it? Nope ..Faith it till you make it!
LEEF matteus 7:12!
Ek het al so weg gedwaal van die blog (‘n Vrou soos ek) ..weg van die groot rede hoekom ek gevoel het om die blog in die eerste plek te begin ..ek voel soms skuldig dat ek nie die perfekte huwelik het om as voorbeeld te gebruik nie ..dat my advies nie gevestig is in my eie huwelik nie ..maar dis juis hoekom ek wil skryf ..hoekom ek wil deel ..ons vroue deel so baie soortgelyke uitdagings ..en dis deur foute dat ons lesse leer ..en so advies kan deel.
Kom deel asb jou advies….?
“sharing is caring 😉
Liefde
N