Dit voel asof die grysheid van middelmatigheid julle getref het. Daar is niks “tasbaar” verkeerd nie, maar julle huwelik is nou nie eintlik meer sonskyn en rose nie. Valentynsdag is nie juis iets wat julle meer ‘doen’ nie. Dis te veel moeite. Jyt eintlik gedink die lewe, en veral jou huwelik, gaan lekkerder wees. Maar soos wat julle agter werk en kinders aandraf, is die harde realiteit maar vaal. Vandag is julle meer huismaats as huweliksmaats.

Promosie

As hierdie woorde tot jou spreek wil ek jou vandag bemoedig met goeie nuus. In my 12 jaar van INTIEM het ek gesien hoe talle paartjies hulle huweliksbeloftes hernu. Hoe die wonder van die liefde weer kan wakker word en hoe twee mense die kwaliteit van liefde kan herontdek.

‘n Huweliksterapeut is een keer gevra hoe hy weet of ‘n paartjie dit gaan maak of nie. Hy het geantwoord dat hy na een spesifieke vraag se antwoord kyk op die vorm wat hulle invul – “Are you prepared to do whatever it takes to make your marriage work?” Hy sê as die telling hoër as 4/10 is, dan is daar ‘n kans. Dink daaroor. Selfs al voel jy net die helfte van die tyd dat jy sal veg vir jou huwelik, dan is dit genoeg.

Ek skryf vandag vir daardie helfte van jou wat nog krag het. Ek wil jou aanmoedig om iets te begin doen vir jou huwelik. Idees, begeertes en drome sonder aksie loop uit op niks. Maar wanneer ons die bul by die horings pak en werk vir ‘n gelukkige huwelik, kom daar  resultate. Ongetwyfeld is dit waar – wat jy saai sal jy maai. Jou saaiproses begin dalk met grond voorbereiding want daar was lanklaas gesaai. Maar enige boer sal jou vertel, as jy goed voorberei, aanhou plant en die reën kom, dan staan die mielies hoog en die oes is groot. Altyd met genade.

Promosie

Ek hoor jou amper aan die ander kant…. My man wil niks doen nie… My vrou gee nie om nie. It takes two to tango…dis waar! Maar vir ‘n tyd lank kan jy op jou eie probeer. Ek het soveel paartjies gesien waar die een dapper genoeg was om op te staan en te veg vir ‘n huwelik en hoe daardie huwelik genees en weer geluk vind. Is dit altyd so? Ongelukkig nie. Maar as jy probeer, is jy al halfpad daar en dink hoe wonderlik sal dit wees om weer goed te voel en die lekker van ‘n gesonde huwelik te beleef.

Stap 1 in die soektog na die vonk in jou huwelik is om aksie te neem. Jy kan begin met die Marriage Capsule Method. Afhangend van waar julle trek na die kursus kan julle oorweeg om ‘n berader te sien of as alles reeds klopdisselboom verloop kan julle jul huweliksbeloftes hernu! Dis ‘n hoogtepunt en was ‘n wonderlike ervaring vir my gewees. Maar vir nou,  is jou eerste stap om iets haalbaar te doen in die privaatheid van jou huis en teen jou eie pas.

Hierdie metode (aanlyn kursus) sal jou deur 7 vlakke/levels neem: “Starting off with Why? Is marriage really worth it? If you know ‘why’ you want to do something, you can work through any ‘how’.  Secondly the temperament test (LOFS temperaments) will explore both you and your partner’s temperaments and explains how to live with each other’s strengths and weaknesses. From there we look at what a man’s core needs are and what a woman’s core needs are. The art of communication is discussed in level 5, Sex in marriage in level 6 and a creative plan in level 7. The course is easy to do and give you text to read, videos to watch and questions to answer. You will score points on every level. See every point as a ‘small win’ and a sign that you are moving forward and making progress”.

Ek beveel aan dat julle as paartjie die kursus saam doen maar as dit nie nou moontlik is nie, kan jy op jou eie begin. Voltooi alle vorms namens jouself en jou maat. Leer soveel moontlik. Die inligting sal jou manier van dink verander en nuwe insigte bring. Dit gaan jou help om weer die fundamentele waarhede van ‘n huwelik te ontdek. Ek ervaar in my eie lewe dat as ek weer by die waarhede uitkom, dan kry ek duidelikheid oor besluite wat geneem moet word. Die Marriage Capsule method vat hierdie waarhede saam.

Onthou altyd daar is nie iets soos ‘n perfekte huwelik nie. ‘n Huwelik is ‘perfectly imperfect’ of anders gesê onvolmaakte volmaakheid! Vind julle eie perfek, julle eie volmaak. Julle altwee verdien al die voorregte en lekkertes van ‘n goeie huwelik en om ‘n lewe van liefde te deel. Ons het net een lewe. Kies om dit goed te leef.

Kliek hier vir toegang tot die Marriage Capsule method. Ons bied ‘n 50% afslag aan en ‘n 14 dae geld terug waarborg vir Valentynsdag (Geldig tot 10h00 op 15 Februarie). Dis ‘n fantastiese prys, maar selfs sonder afslag sal ek die kursus vir jou aanbeveel. Geld kan nie geluk koop nie. Kies om te belê in julle toekoms en om alles te probeer wat jy kan vir julle gesin.

Gee Marriage Capsule Method ‘n kans. As jy nie gelukkig is nie, gee ons jou geld terug (14 dae geld terug waarborg).

Indien jy van die Valentynsdag aanbod wil gebruik maak, kliek hier

Vir meer inligting oor die kursus, kliek hier

Vir meer inligting oor wat jy op elke vlak sal leer, kliek hier

Mag julle sommer gou weer vol vonk voel en die grys middelmatigheid verruil vir skitterblink HOOFLETTER dae.

Met liefde en gelukkige Valentyns Dag

Liezel