In dié artikel gee ons jou elke maand tien goeie wenke om die vonke in die slaapkamer te laat spat!

Promosie
  1. Voel dinge tussen die lakens ’n bietjie saai die laaste tyd? Om dinge effens rond te skud, kan bydra tot opwinding en spontaniteit, meen Ellen Barnard, ’n seksopvoeder en eienaar van ’n seksualiteitsentrum in Wisconsin. Die klem lê op “bietjie”.
  2. Maak die venster oop! Volgens Harlan Cohen, outeur van Getting Naked, is dit ’n . . . eh . . . aptytwekker om die bries op jou vel te voel en te beleef hoe enigiemand enige oomblik die klanke uit jul slaapkamer kan hoor. Onthou egter om die gordyne toe te trek! (com)
  3. Speel oop kaarte. Een van die belangrikste dinge wat jy vir jou sekslewe kan doen, is om eerlik met jou maat te wees oor waarvan jy hou en hom ook die vryheid te gee om eerlik vir jou te vertel wat hy in die slaapkamer nodig het.
  4. As jou gag-refleks oortyd werk wanneer jy jou man orale seks gee, vou jou vingers om jou duim, so al asof jy jou duim vashou. Blykbaar werk dit soos ’n bom!
  5. Inkorporeer ’n soen van ses sekondes. Kenners meen dat ’n lang soen om goeiemôre en goeienag te sê, kan bydra tot ’n gevoel van intimiteit tussen julle.
  6. Maak ’n “bucket list” vir die slaapkamer deur ’n lys op te stel van posisies, plekke en idees wat julle wil beproef. Maak seker dat julle elke jaar minstens een van hierdie items afmerk.
  7. Sorg dat julle genoeg slaap. Daar is bewys dat moegheid daartoe kan bydra dat jy niks lus is vir seks nie. Klim dus vroeg genoeg in die bed om aksie in te werk, maar ook genoeg slaap in te kry sodat julle môreaand weer kans sien hiervoor.
  8. Hou die ligte aan. Op com sê huweliksterapeut Victoria Fleming dat mans visuele wesens is. Hy gee nie om dat jou lipstiffie gesmeer en jou hare frizzy is nie. Wat hy wel graag wil beleef, is die sintuiglike ervaring wat seks kan wees as jy al jou sintuie inspan.
  9. Kry die nommer van ’n goeie baba-oppasser op speed dial. Of sorg dat julle genoeg vrymoedigheid het om die oumas enige tyd in te span wanneer julle tyd alleen nodig het.
  10. Onthou om te lag. Seks is nie altyd soos op die televisie nie. Soms val iemand van ’n bed af, soms is daar ongemaklike geluide en partykeer wil julle anatomie nie saamwerk nie. Moet nooit vir mekaar lag in die slaapkamer nie, maar lag saam met mekaar om die spanning te verlig en jul intimiteit te versterk.

 

Deur Annelize Steyn

Promosie