Op hierdie bladsy:

1) Jou “sweet or spicy” vraelys
2) Planne vir ‘n sweet vanaand
3) Planne vir ‘n spicy vanaand
4) Skryf in en wen ‘n sweet AND spicy geskenkpak! (Daar is elke dag ‘n geskenkpak vir 5 dae!!!)

1) Jou “sweet or spicy” vraelys

Soos alle goeie dinge in julle verhouding, gaan ‘n passievolle en vervullende sekslewe nie per ongeluk met julle gebeur nie, veral nie as julle al langer as ‘n jaar getroud is nie! Julle sal moet plan maak en daaraan werk om julle huwelik passievol te hou. Wissel so nou en dan die SWEET en die SPICE af… VERSKEIDENHEID EN KREATIWITEIT IS DIE ANTWOORD!

Verskeidenheid is soos braaisout op ‘n Vrydagaand – dit gee lewe en sal help om julle sekslewe aan te vuur.

Kom ons bepaal gou of julle vandag “sweet” of “spicy” is… Beantwoord die volgende vrae eerlik:

Wat kies jy?
A) Vollyf massering met masseerolie
B) Seks in die stort

A) ‘n Romantiese piekniek vir 2
B) ‘n Kaartspeletjie waar die verloorder se klere waai

A) ‘n Fliek onder die duvet voor die TV
B) Voer mekaar aarbeie en room

A) Sterrekyk op ‘n kombersie in die tuin
B) ‘n Modeperade by die huis… met sensuele onderklere

A) Warm sjokolade in mekaar se arms
B) 50 soene op mekaar se lywe… lippe uitgesluit

Was jou antwoord meestal A’s? Dan is jy vandag in ‘n SWEET bui…
Was jou antwoord meestal B’s? Dan is jy vandag in ‘n SPICY bui…

2) Planne vir ‘n sweet vanaand… of sit dit solank op die “spyskaart” vir Valentynsdag!

Indien daar vanaand ietsie SWEET op die spyskaart is, oorweeg die volgende:

Jou vingerpunte het ’n fantastiese vermoë! Hulle gee aan jou die geleentheid om te voel – jou man se ruwe stoppelbaard, die sagte stukkie vlees tussen sy naeltjie en jy-weet-waar en die gespierde lyne van sy arm. Waarom sou jy dit nie wou benut nie?

Terwyl seks so ’n belangrike deel van enige goeie huwelik is, raak die kuns van sensualiteit dikwels met die jare verlore. Lang, stadige soene, warm omhelsings, speelse oomblikke van kielie! Sensualiteit maak ’n huwelik warm en gemaklik. Dit skep ook die regte luim vir gereelde, seksuele ervaringe, en die vriendelike omgewing wat jy vir jou huwelik skep, maak jul verhouding koeëlbestand teen die moeilike tye wat elke verhouding van tyd tot tyd ervaar.

Veral vroue is suckers vir aanraking! As Manlief op ’n omgee-manier aan jou raak, laat dit jou op ’n romantiese manier geliefd en versorg voel, wat jou weer ontvanklik vir ’n paar ander dinge maak …

4 maniere om jou man vanaand aan te raak!

Omhels jou maat behoorlik.
Moenie net ’n vinnige, terloopse hand om sy nek sit nie, maar bestee ’n paar oomblikke waar julle regtig styf teen mekaar staan en mekaar vashou, terwyl julle die oomblik indrink. Sorg dat Manlief genoeg hiervan kry, sodat hy nooit ervaar dat daar ‘n fisieke afstand tussen julle is nie.

Raak hom met voorwerpe aan.
Streel met ’n duifveer oor sy bors, vryf met ’n fluweellap reg oor sy lyf, draai ’n syserp tussen sy vingers en teken prentjies in lyfpoeier wat jy oor sy maag gestrooi het. Verskillende teksture gee verskillende sensasies en hy sal leer onderskei wat vir hom lekker is.

Dans met jou maat.
Julle hoef nie noodwendig vir professionele lesse te gaan nie (hoewel dit wonderlik is as jou maat instem om so iets te doen), maar skakel soms die televisie af, sit ’n romantiese CD in die CD-speler en trek hom van die bank af op. Net die blote gedagte aan ’n cheek-to-cheek is sensueel, julle ervaar ’n nabyheid en jou asem teen sy oor is een van die mooiste geluide wat hy ooit sal hoor. Kliek hier as jy meer wil leer hoe dans die vonke kan laat spat.

Fluister vir hom.
Doen dit só dat jou lippe ligweg aan sy ore raak. Dit maak nie saak wat jy vir hom sê nie (solank jy hom nie vra om die honde kos te gee nie!) Dit kan ook goed werk as jy op sy skoot sit. Sê vir hom iets sensueel, iets wat ’n dubbelsinnige betekenis het, of vertel hom bloot dat jy hom liefhet en waardeer. Dit maak nie saak wát jy sê nie – solank jý dit sê, solank jy dit in sý oor sê en solank jou stem teen sy oorlob kielie, sien hy sterre verskiet!

Indien jy of manlief bietjie ekstra energie benodig, is die CLIMUX reeks van produkte iets wat op jou SWEET lysie moet wees! CLIMUX Vitalemen gaan hom help met meer energie, beter seksuele prestasie en lewenskrag (KLIEK HIER: https://climux.co.za/products/for-men/vitalemen/) en vir haar is daar CLIMUX Vitalefemme – ‘n aanvulling wat op elke vrou se inkopielysie moet wees… Dis ‘n unieke produk wat ook jou seksuele prestasie en libido kan verbeter. (KLIEK HIER:https://climux.co.za/products/for-women/vitalefemme/). Die produkte is ook beskikbaar by jou naaste DisChem!

3) Planne vir ‘n spicy vanaand… of sit dit solank op die “spyskaart” vir Valentynsdag!

Indien daar vanaand ietsie SPICY op die spyskaart is, oorweeg die volgende:

Verrassing! Jy’t nie nodig om ’n latlyf wyfie-vos te wees om jou man se mond deur jou sensuele lyfbewegings te laat water nie. Enige vrou wat energie in haar verhouding wil belê, het die vermoë om haar sensualiteit baas te raak.

3 stappe vir jul SPICY aand…

SPICY STRATEGIE STAP 1: Skep ‘n betowerende atmosfeer
Die magic van ‘n vlam is onbeskryflik. Maar kom ons probeer: Die lig en skadu val op presies die regte plekke,jou vel lyk soos gloeiende heuning en jou man lyk soos ‘n spiertier. Boonop is daar net iets wat die flikker van ‘n vlam teen die muur aan verliefde paartjies doen. As jy steeds twyfel, neem enige Hollywood romantiese fliek uit.

SPICY STRATEGIE STAP 2: Speel ‘julle’ musiek
Elke paartjie het ‘n aantal liedjies wat vir ‘hulle s’n’ is. Die eerste liedjie waarop julle saam gedans het, die temamusiek van die eerste fliek wat julle saam gekyk het, of selfs net ‘n kunstenaar waarvan julle albei in jul studentedae gehou het. Hoewel julle dalk nie nou daarop gaan head-bang soos in die ou dae nie, herroep dit die herinneringe wat jy daarmee identifiseer en kry jy daardie adrenalien-gevoel terug van die dae toe die skoenlappers nog partytjie in jou maag gehou het.

SPICY STRATEGIE STAP 3: Swaai jou lyf
Om te dans kan ‘n wonderlike voorspel tot seks wees. Sit die musiek hard en dans saam deur die sitkamer, deur die kombuis, op met die trappe tot in die slaapkamer… Die nabyheid, jou asem teen sy vel en die musiek is baie goeie ‘aptytwekkers’. Jy kan ook alleen dans en in die slaapkamer jou lyf vir hom swaai. Dit hoef nie noodwendig sexy te wees nie – net waarmee jy gemaklik is. Daar is iets aan ‘n vrou wat haar lyf kán beweeg wat ‘n man mal maak.

Indien jy of manlief bietjie ekstra energie benodig, is die CLIMUX reeks van produkte iets wat op jou SPICY lysie moet wees! CLIMUX Vitalemen gaan hom help met meer energie, beter seksuele prestasie en lewenskrag (KLIEK HIER: https://climux.co.za/products/for-men/vitalemen/) en vir haar is daar CLIMUX Vitalefemme – ‘n aanvulling wat op elke vrou se inkopielysie moet wees… Dis ‘n unieke produk wat ook jou seksuele prestasie en libido kan verbeter. (KLIEK HIER:https://climux.co.za/products/for-women/vitalefemme/). Die produkte is ook beskikbaar by jou naaste DisChem!

4) Skryf in en wen ‘n sweet AND spicy geskenkpak!

Wen ‘n Sweet En Spicy geskenkpak met ‘n chocolate fountain en hope verassings… dit alles met komplimente van www.climux.co.za – Aanvullings vir hom en haar! Dink net, met hierdie lekker prys kan julle ‘n muntstuk “flip” en besluit of julle by die SWEET of die SPICY deel van die geskenk wil begin…

Skryf so in:

STAP 1 – Voltooi jou besonderhede hier onder sodat ons weet waar om jou te kontak indien jy wen!

STAP 2 – Sodra jy jou besonderhede voltooi het, neem ons jou outomaties na die Climux ZA Facebook blad. LIKE die blad om jou inskrywing te bevestig. Indien die bladsy nie outomaties by jou laai nie, soek bloot vir CLIMUX ZA in jou Facebook app of volg die skakel: http://www.facebook.com/climuxza

Climux Sweet of Spicy Valentyns Kompetisie