Om lekkernye te weerstaan is nie maklik nie. Veral nie gedurende die feesseisoen nie. Dit is wanneer jou tannie haar legendariese vrugtekoek maak en álmal tweede porsies van jou sussie se malvapoeding inskep. En nou dieet jy…?
Ja, in die ideale wêreld sou ons almal in Maart begin dieet het om teen die somervakansie ‘n rietskraal weergawe van onsself te wees. Maar in realiteit weet jy dit is eers teen September wat ons wakker skrik en besef dat die rugvet wat bo-oor ons bra-bandjies bult, allermins aantreklik is. Dan neem dit nóg ‘n maand om die wilskrag bymekaar te skraap om ‘n dieet te begin en teen November is jy goed op dreef! Jou gesonde gewoontes is gevestig, al die gemors is uit die huis en jy voel vir die eerste keer sterk genoeg om ‘n Kersfeeskoekie te weerstaan. Maar nou is Kersfees om die draai. Wat gaan jy maak? Jy wil nie hê al jou harde werk moet tevergeefs wees nie, maar niemand verwag tog seker van jou om nie ‘n kriesel suiker oor jou lippe toe te laat gedurende die feesgety nie…?
Wel, die ghoeroes agter die Slender Wonder gewigsverlies program weet hoe belangrik dit is vir jou om by jou dieet te hou, maar hulle weet ook hoe moeilik dit gaan wees om soetgoed gedurende die feesgety te weerstaan. Daarom het hulle onlangs twee splinternuwe nageregte bekendgestel. Aan die Slender Wonder Sjokolade Pudding kan jy met ‘n skoon gewete smul, met slegs 73KCAL per porsie! Dit is boonop hoog in vesel én hoog in proteïne. En dit bevat geen preserveermiddels nie!
As jy deel is van die vrugtelekkers-klop-sjokolade-brigade, sal jy bly wees om te hoor dat Slender Wonder ook ‘n nuwe reeks vetvrye gegeurde jellie bekend gestel het. Teen slegs 13.6KCAL per porsie kan jy na hartelus smul. Die jellie is beskikbaar in kersie-geur, lemmetjie-geur en lemoen-geur om jou te help om daardie lastige kilogramme af te hou. Die produkte is só verpak dat dit min spasie opneem en jy kan dit maklik in jou tas pak.
So, as jy voorsien dat jy dié feesseisoen gaan stoei om jou soettand te beteuel, bestel dadelik ‘n behoorlike voorraad van die Slender Wonder lekkernye by slenderwondershop.com. En as jy nog nie van Slender Wonder gehoor het nie en steeds sukkel om ‘n dieet te vind wat vir jou werk, besoek www.slenderwonder.co.za. Dit is ‘n mediese gewigsverliesprogram waar jy, onder toesig van ‘n mediese dokter, gewig op ‘n gesonde, langdurige manier kan verloor.