Die kolon is ’n belangrike orgaan in jou liggaam wat ’n groot invloed op jou lewe kan hê as dit nie gesond is en nie optimaal funksioneer nie. ’n Gesonde kolon en ’n goeie immuunstelsel kan albei sorg vir goeie algehele gesondheid. Waarom is ’n gesonde kolon en spysverteringstelsel so belangrik en watter leefstylaanpassings kan jou gesin maak om te verseker dat julle gesond bly?
1. ’n Ongesonde kolon is ongemaklik
Wanneer jou kolon nie gesond is nie, kan jy intense ongemak beleef. Hardlywigheid, bloed in jou stoelgang, diarree en ’n donker stoelgang kan alles simptome wees van kolonprobleme. As jy gereeld probleme met jou spysvertering het, is dit raadsaam om met ’n dokter daaroor te gesels.
2. Probiotika speel ’n kernrol
Probiotika in die dermkanaal is baie belangrik vir ’n gesonde kolon. Probiotika stimuleer die immuunstelsel. Dit help met vertering, asook die afbreek van gifstowwe in jou liggaam. Dit versterk die slymvliese van die dermkanaal en voorkom vermeerdering van skadelike bakterieë in die spysverteringskanaal. ’n Goeie probiotika, wat lewendige organismes in genoegsame hoeveelhede bevat ,soos QuatroFlora, kan voordelig wees om diarree of hardlywigheid te behandel. Dit kan ook help met ’n slegte asem, winderigheid en wanneer jy opgeblaas voel . Probiotika is ook voordelig in die stryd teen allergieë, rinitis, laktose-intoleransie, prikkelbaredermsindroom, gastro-enteritis en ander kleuterskoolsiektes by jong kinders.
3. Matige medikasie
Wees baie versigtig met die medikasie wat elkeen van julle in die gesin gebruik . Dit is byvoorbeeld nadelig om gereeld anitbiotika in te neem, aangesien antibiotika veroorsaak dat die mikrobioom in jou ingewande vernietig word, en die effek van een kursus antibiotika nog vir baie lank in jou liggaam ervaar kan word. Praat met ’n kenner oor watter ander natuurlike produkte daar is wat jou kan help om infeksies en siekte te behandel sonder om die ekologie in jou ingewande te versteur.
4. Kos wat jou kolon ondersteun
Die goeie nuus is dat jy jou kolon baie kan help met die verskeidenheid kos wat jy inneem. Daar is baie kossoorte wat kolonvriendelik is. ’n Dieet wat genoeg groente, peulgewasse, graan en vrugte insluit, is baie voordelig vir jou kolon. Sorg dat jy verskeie prebiotika in jou dieet insluit soos patats, hawermout, piesangs, appels, uie, knoffel en alle veselryke groentes. Bessies kan ook ’n voordelige effek op jou ingewande hê. Voedselsoorte wat jy liefs moet vermy is geprosesseerde en verfynde kosse met chemiese bymiddels.
5. Water en oefening is kolonhelpers
As jy nie genoeg water inneem nie, kan gifstowwe in jou liggaam opbou. Al die gifstowwe pak saam en kan veroorsaak dat jy moeg, hardlywig en opgeblaas voel.
Deur genoeg oefening te doen, verhoog jou bloedsirkulasie en daardeur kry jou kolon meer suurstof wat kan help om ’n verskeidenheid siektes af te weer.
Moenie wag totdat jy kolonprobleme het nie, sorg eerder betyds dat jy ’n gesonde balans in jou kolongesondheid handhaaf. ’n Goeie probiotika soos QuatroFlora sal bydra tot ’n gesonde kolon deur die mikrobioom aan te vul wanneer jou liggaam onder spanning is as gevolg van diarree, medikasie, ouderdom, chirurgiese prosedures en ’n gebrek aan eetlus.
Vir meer inligting, besoek: www.betapharm.co.za/products/quatro-flora/
Artikel deur Lize Groenewald