Jy staan op trou of oorweeg dit om jou troubeloftes te hernu, maar die standaard-beloftes is vir jou te onpersoonlik. Die probleem is, jy weet nie wáár om te begin nie . . . ons wys jou!

Deur Annelize Steyn

Dit is een van daardie oomblikke wat jy skielik en half onverwags ’n traan oor jou wang voel rol wanneer jy ’n ooggetuie is, én wanneer jy die bruid of bruidegom is . . . die oomblik wanneer die troubeloftes vir mekaar gesê word. Dit is een van die grootste beloftes wat jy ooit sal maak en in daardie oomblik doen jy dit voor God. Wow.

Dalk het julle besluit dat die spanning vooraf nét te veel is om self jul troubeloftes te skryf – in daardie geval kan julle die formele troubeloftes agter jul dominee aan sê. As dit is wat julle gaan doen, vra hom vir die troubeloftes op skrif en doen moeite om dit vooraf saam met jou maat deur te lees en seker te maak julle gaan elke woord bedoel.

As julle verkies om dit self te skryf (maak seker julle voel dieselfde hieroor), volg dié stappe:

  1. Lees vir inspirasie. Soek op die Internet vir verskeie voorbeelde van troubeloftes (julle kan van hierdie beloftes gebruik en dit net hier en daar verpersoonlik as julle wil). com is ’n wonderlike bron hiervoor.
  2. Besluit op ’n trant. Besluit watter tipe beloftes julle albei van hou. As hy ’n grapjas is en jy is bekend vir jou sarkastiese humor, gaan formele troubeloftes dalk nie vir julle “soos julle” voel nie. Hou dit ernstig, maar dalk ’n bietjie meer informeel om by jul persoonlikhede te pas.
  3. Bepaal die proses. Besluit of julle dit afsonderlik gaan doen en of julle twee die taak om pizza en ’n bottel wyn gaan aanpak. Gaan julle dieselfde beloftes sê of gaan dit verskil? Gaan julle dit aflees of memoriseer? Gaan julle dit vir mekaar wys of dit as ’n verrassing hou?
  4. ontmoet het. Dink diep oor jou maat en jul verhouding.
  5. Nog 6 stappe is beskikbaar in die volledige artikel

. . . en ’n paar jaar later

Wanneer jy vyf, tien, vyftien of selfs vyftig jaar getroud is, voel jy beslis heeltemal anders as die dag toe jy getroud is. Die realiteit van die huwelik het jou dalk hard getref of selfs onmeetbaar verras. Jy het jou maat beter leer ken, julle het saam ’n paar sakke sout opgeëet en skielik wéét jy wat jy wil sê (soveel beter as tóé). Julle kan al bogenoemde stappe volg, maar waar dit kom by die notas, kyk julle na jul verlede saam. Vra julself die volgende vrae:

  1. Wat is jou maat vir jou? Dit bepaal jy deur sy karaktereienskappe. As hy byvoorbeeld standvastig is en jy altyd op hom kon vertrou, is hy jou rots of jou anker.
  2. Watter konstante was daar in jul huwelik? Met ander woorde, dit wat jul verhouding tóé laat werk het en steeds laat werk. Die onwrikbare in jul huwelik.
  3. Wat het julle ryker geword in die huwelik? Hier praat ons nie van monetêre rykdom nie, maar van kinders, lewenservaring, reiservarings . . .
  4. Nog 4 stappe is beskikbaar in die volledige artikel

Daar is wonderlike bronne op die Internet, uit flieks en in boeke wat julle kan inspireer om mooi troubeloftes te skryf en hoewel ons riglyne gee, kan julle doen net wat julle wil. Jul troubeloftes kom vanuit ’n diep plek wat net julle twee ken en die enigste vereiste vir goeie troubeloftes is ’n opregte gesindheid. Die res kom vanself . . .