Wanneer ons ’n laagtepunt beleef
JOSUA 1:9
Here, ons is op ’n laagtepunt in ons huwelik.
Ons vrees vir wat voorlê en of ons hierdie struikelblok sal kan oorkom.
Dit lyk so groot, bo ons vuurmaakplek.
Ons is afgemat en moeg, want dit voel asof ons ’n verlore stryd stry.
Ons lê hierdie onsekerheid nou in U hande neer.
Maak ons moedig.
Maak ons sterk.
En maak ons vasberade om hierdeur te werk.
Help ons om te weet dat ons nooit hoef bang te wees nie,
want U is by ons – ook in hierdie moeilike tyd.
U sien elke harde woord, elke traan,
en U hoor elke klop van ons benoude harte.
Maak ons kalm, Here. Maak ons rustig.
En help ons om ons huwelik aan U oor te gee.
AMEN