Promosie

Promosie

Met Moedersdag om die draai, wonder jy meteens: Wanneer laas het jy jouself bederf? Jy is die ma wat sorg dat almal in jou gesin versorg en gelukkig is, maar maak jy ooit tyd vir jou eie bederftyd en iets wat jou sensualiteit en vrouwees vier?

Desir.co.za het ’n verskeidenheid produkte wat in ’n japtrap die Aspoestertjie in jou soos die feëprinses sal laat voel.

1. Oe la la! Onderklere!
Ongeag wat jou voorkeur is, Desir se wye reeks onderklere het iets vir elkeen se smaak, styl en grootte. Sexy kantbra’s, einaklein-broekies, deursigtige kamerjasse, korsette en nagrokke is alles tot jou beskikking met die klik van ’n knoppie. As jy selfs meer gewaagd wil wees is daar ook broekies wat vibreer (kyk by die afdeling met seksspeelgoed) en as jy van bypassende stelle onderklere hou is daar verskeie opsies en kleure. Die style wat hier beskikbaar is, is iets wat jy nie sommer in jou naaste afdelingswinkel sal raakloop nie. Kyk byvoorbeeld na die Femi Chemise Passion of die Marissa Lingerie Dress – Demoniq Lingerie wat in plusgrootte beskikbaar is.

Promosie

2. Manjifieke massering
Daar is min ma’s wat sal nee sê vir ’n lang masseersessie. Jy kan met so ’n masseersessie bloot van al die spanning en bekommernis ontlaai of die massering kan natuurlik in die slaapkamer verder gevoer word. Daar is masseerkerse wat olies vorm vir jou plesier asook masseerprodukte wat vir massering en as intieme jel en smeermiddel gebruik kan word.

3. Private persoonlike sorg
Wanneer dit by persoonlike en intieme sorg kom, is jy dalk nie altyd ewe gemaklik om dit by jou plaaslike kettingwinkel of apteek van die rak af te koop nie. Aan die ander kant is jou keuse van produkte ook beperk. En juis daarom is dit ideaal om produkte soos Rejuvenate Vaginal Revitalizer van Ntimate en Lady Prelox Female Intimacy Supplement van LaMelle aanlyn te koop by Desir. Stel van dié unieke produkte op die proef, jy het niks om te verloor nie!

4. Bemagtig en bederf jouself met boeke
Boeke met sekswenke en sensuele onderwerpe is nie iets wat noodwendig by jou plaaslike biblioteek beskikbaar is nie. Desir het ’n groot verskeidenheid boeke waarmee jy jou kan bemagtig met goeie huweliks- sowel as sekskennis. Daar is boeke wat verduidelik hoe om Indiese kopmasserings te doen tot by erotiese literatuur en romans.

5. Speel-speel sensueel
Jy het dalk in jou gejaagde lewe al vergeet van ’n speelse atmosfeer in die slaapkamer. Desir het seksspeelgoed van vibrators en kegelballe tot by bordspeletjies. Onthou seksspeelgoed is nie noodwendig nét vir plesier nie. Kegelballe hou byvoorbeeld baie voordele in vir jou seksuele gesondheid en bekkenspiere. Waag dit om iets spesiaals op Desir se webtuiste te gaan ontdek.

Ma-wees kan soms veroorsaak dat jy jouself afskeep en almal in die gesin se behoeftes voor jou eie stel. Besluit om hierdie Moedersdag aan te gryp as ’n geleentheid om jouself met ’n paar aanlyn inkopies te bederf wat die vrou in jou sal koester. Koop en gun ’n slag vir jouself iets – want ’n gelukkige ma is ’n goeie ma!

Vir meer inligting, besoek www.desir.co.za

Artikel deur: Lize Groenewald