Bestanddele
500ml Koekmeelblom
5ml Bakpoeier
5ml Koeksoda
2,5ml Sout
60ml Olie
250ml Suiker
2 Eiers
3 Piesangs (verpulp)
5ml Vanilla
80ml Melk
180ml Sjokolade smeer (Nutella)

Promosie

Metode:
1. Voorverhit oond na 180°C en bespuit ‘n broodpannetjie met kleefwerende kossproei.
2. Gooi al die bestanddele, behalwe die sjokolade smeer, in ‘n groot mengbak en klits met ‘n elektriese klitser vir ten minste 2-3 minute.
3. Plaas die sjokolade smeer vir so 15 sekondes in die mikrogolfoond.
4. Neem 250ml van die gemengde piesangbrood beslag en meng met die sjokolade smeer.
5. Gooi die 2 deeg-beslagte in die pan deur afwisselend laag sjokolade en dan ‘n laag piesangbeslag . Gebruik ‘n tafelmes, en met ‘n ligte sny, roer beweging, sny met die mes so paar keer heen en weer.
6. Bak vir 50-60 minute of tot gaar wanner jy toets met ‘n toetspen
7. Verkoel effens in die pan en keer uit om heeltemal af te koel. Geniet saam met plaasbotter…