Opname van Couples Aand saam met INTIEM en ons Seksuoloog

R99.00

Die skakel om die aanlyn opname te kyk, sal per epos vir jou gestuur word, die oomblik wat ons jou betaling ontvang.

SKU: opname_couplesaand Category:

Description

Description

GOEIE GEWOONTES VIR GOEIE SEKS IN JOU HUWELIK – WENKE WAT WERK!

Ons het op 18 Junie HEERLIK gekuier saam met meer as 300 paartjies!

Het jy  hierdie aand gemis? Moet glad nie bekommerd wees nie – ons het besluit om die opname van die produk steeds beskikbaar te stel!

Kom kuier saam met INTIEM en Dr Elna Rudolph, ‘n seksuoloog en INTIEM medewerker!

Wink vir manlief of vroulief en ‘n glasie wyn nader, sit die kinders in die bed, bring die wolkombers en kom kuier (weer) saam met ons!

Ons het gepraat oor… INTIMITEIT! Slaapkamersake. Orgasmes. Libido. Seks.

Jy gaan leer:

  • Hoe om vir jou maat te sê wat jy in die slaapkamer wil hê
  • “Return the favour”… wat dit beteken en hoe jy dit doen
  • Watter higiene is belangrik vir julle seks lewe
  • Geluide en klanke…..so maak mens….
  • Die groot O….kry meer hiervan….
  • “Desire discrepancy” – hoe hanteer ons dit as die een meer wil hê as die ander een
  • Negatiewe en positiewe praatjies – belangrike raad!
  • Moeilike onderwerpe soos anale seks, kontrasepsie en selfone in die slaapkamer

Wie is Dr Elna Rudolph?


Dr. Elna Rudolph is n mediese dokter en seksuoloog. Sy is die kliniese hoof van My Sexual Health – die grooste multidissiplinere span seksuele gesondheidswerkers in die land, met takke reg oor die land. Sy het n meestersgraad in seksuele gesondheid deur die Universiteit van Sydney in Australie verwerf en was ook een van die eerste dokters om die hoogste Europeuse kwalifikasie in seksuele medisyne te verwerf. Sy dien op die uitvoerende komitee van die Wereld Organisasie vir Seksuele Gesondheid (WAS) en is ook die president van die volgende wereldkongres wat in Suid-Afrika aangebied gaan word. Haar heel belangrikste titel is egter die van ma vir haar twee dogtertjies: Nina Neo en Nandi Mari.

  • Wanneer: Die opname is nou beskikbaar.
  • Waar? Aanlyn deur YouTube (‘n Privaat link sal vir jou gestuur word).
  • Koste? R100 per paartjie

Bespreek gou jou sitplek, moenie weer die geleentheid laat verby gaan nie!

Ons sien uit om saam met jou te kuier!

Groete,

Liezel (Besturende Redakteur van INTIEM), Elna (Seksuoloog) en Tania (Digitale Bestuurder).

Promosies

Ons top Produkte