Wanneer ons baklei

GALASIëRS 5:22

Here Jesus, U ken ons aard. U het ons geskep

as vurige mense en ons baklei maklik en gereeld.

Ons vrees is om mekaar seer te maak met ons woorde.

 In U Woord noem U dat selfbeheersing een van die vrugte van die Gees is.

Só ook is liefde, vreugde, vrede, geduld, vriendelikheid, goedhartigheid, getrouheid en nederigheid.

Help ons om die vrugte van die Gees te openbaar, selfs wanneer ons baklei.

Help ons om te praat oor dit wat ons ongelukkig maak

sodat ons nie wrokke sal stoor nie,

maar gee ook asseblief ’n wag voor ons monde

sodat ons sal dink voor ons praat.

Help ons om ons konflik op ’n volwasse en redelike manier deur te werk

sodat ons huwelik daarby sal baat vind sonder dat een van ons gewond voel.

En help ons om te onthou dat ons nie teen mekaar baklei nie, maar as ’n eenheid teen die vyand en vír ons huwelik.

AMEN