Wanneer daar intimiteit skort

1 KORINTIëRS 7:5

Almagtige Vader en Skepper,

niemand weet wat ons in slaapkamer aangaan nie, behalwe vir U.

Hier heers ’n wanbalans in ons huwelik wat net U kan herstel.

Ek besef dat fisieke intimiteit binne ’n huwelik noodsaaklik is vir emosionele intimiteit en dat seksualiteit ’n gawe van U af is.

Maar daar heers ’n droogte in ons slaapkamer.

U ken die redes.

En net U weet hoe dit ons beïnvloed.

Here, ek voel ver van my maat af en dit maak my bang.

Herstel die intimiteit tussen ons, Here.

Stort U seën uit oor die fisieke gedeelte van ons huwelik

sodat hierdie droogte kan opklaar en ons mekaar weer kan geniet

soos U dit bestem het om te wees.

Gee ons ook nie net kwantiteit in die slaapkamer nie,

maar kwaliteit sodat ons een word, nie net in liggaam nie, maar ook in gees.

Sodat ons mekaar se behoeftes kan verstaan en kan vervul.

Ons dank U vir hierdie kosbare geskenk wat so kragtig gebruik kan word in ons huwelik.

Help ons om dit op te pas.

AMEN