’n Anatomieles van die vroulike liggaam kan dalk vervelig klink, maar die prakties sal méér as die moeite werd wees. En die les kom in 4D . . . Jy ken nou al die basics, maar met ’n geheim hier en ’n verrassing daar, sal jy selfs méér kan doen. Skuif nader en spits jou ore. Hier is ’n paar maniere om nuwe potensiaal in rééds bekende plekke te ontgin.

Deur Lize Groenewald

’n Vrou se borste is meer as net onweerstaanbare sagte speelgoed. ’n Vrou se borste het ’n hoë vetinhoud en om daardie rede kan haar borste verklein en vergroot soos wat sy gewig verloor of aansit. Klein of groot – borste bly prikkelend en onweerstaanbaar! Maar jy moet meer doen as om net te vryf, jy moet die behoeftes van haar borste bevredig en vervul . . . Neem jou duim en vryf liggies en tergend oor die onderste ronding van haar borste, maak halfmaanbewegings.

Soos die penis en klitoris, kan jou vrou se tepels ook verstyf en opswel wanneer sy seksueel gestimuleer word. Koue, senuagtigheid, wrywing of seksuele opwinding kan veroorsaak dat haar tepels verstyf en penorent staan. Soen aanvanklik haar héle bors, maar moenie die tepel soen nie. Dit gaan selfbeheersing verg, maar sal haar mál maak!

Die vagina ken jy waarskynlik goed, maar wat op dees aarde is ’n vulva? Dit is die benaming vir die gesamentlike uiterlike dele van jou vrou se geslagsorgane, wat die vagina, die labia minora, die labia majora en die klitoris insluit.

Die labia minora en die labia majora verwys na haar skaamlippe, dit is die velvoue wat rondom die opening van die vagina is. Die buitenste labia word deur skaamhare bedek, terwyl die binneste labia begin by die klitoris en eindig rondom die vaginale opening. Die binneste labia kan groei en van kleur verander soos sy ouer word en soms self onder die buitenste labia uitsteek. Beide is baie sensitief en kan opswel en oopswel wanneer ’n vrou seksueel opgewek is.

Game on! Gebruik al jou wapens om dié sensitiwiteit te benut en haar te stimuleer, en te laat smeek vir nog! Seksuele plesier en bevrediging is twee aparte dinge, maar jy kan haar albei gee. Gebruik jou hande, mond én penis.

Die klitoris is die deel van ’n vrou se vulva wat slegs een doel het: Seksuele plesier. Die klitoris swel op wanneer ’n vrou seksueel opgewek word. Net die punt van die klitoris kan gesien word van die bokant van die vulva, want die res is verskuil onder die deel van die labia wat bekend staan as die klitorale huid.

Die punt van die klitoris kan wissel tussen kleiner as ’n ertjie tot groter as ’n boontjie. Die res van die klitoris is binne die liggaam. Die sensitiwiteit van die klitoris verskil van vrou tot vrou. Die klitoris word ook fermer en geswolle wanneer ’n vrou seksueel gestimuleer word. Hoewel die klitoris daar is vir plesier, is dit vir sommige vroue te sensitief vir direkte aanraking.

Kyk hoe jy in verskillende seksposisies steeds haar klitoris kan bykom vir ekstra stimulasie. As voorspel: Vryf met jou duime in klein sirkelbewegings rondom haar klitoris, jy kan ook liggies met die punt van jou tong die punt lek. Die stimulering van jou vrou se klitoris kan moontlik lei tot ’n orgasme vir haar en baie pret en plesier vir jou!

Nou moet jy met jou nuutgevonde kennis gaan eksperimenteer en verder leer! Die res is maar vat-vat hier en voel-voel daar en siedaar . . . Maar as jy jou vrou se lyf beter verstaan, gaan ook jý baie meer plesier kry!

Bronne: plannedparenthood.org, globalseducer.com, mensfitness.com, whedoesthecity.com.