Meestal A’s
Jy is of pas getroud of nog in die lente-fase van jou huwelik. Nee, huwelike is nie altyd in hierdie fase nie, maar jy kan weer en weer daar kom, sê Gary Chapman in sy boek The Four Seasons of Marriage. Hierdie tyd in ’n mens se huwelik word gekenmerk deur optimisme en dankbaarheid. Jy maak saam planne en het hoop vir die toekoms. Geniet hierdie tydperk in jou huwelik terdeë! Maar wees ook bewus van die Poison Ivy, waarsku Gary. Dit is al hierdie irritasies wat ’n huwelik nie lekker maak nie. Wees ook bewus van die feit dat jou huwelik gaan verander. Dit hoef nie slegter te raak nie, maar faktore soos werk, tyd en kinders gaan ’n impak hê. Die lekker tye kan fantasties wees, maar moet nie dink dat dit die einde van jou huwelik is as dinge nie meer fantasties gaan nie.
Wat as ons jou sê ons kan jou 7 uit 10 huwelik na ‘n 9 uit 10 huwelik neem? Of ‘n 8 uit 10 huwelik na ‘n 10 uit 10 huwelik? Jy doen reeds baie moeite vir jou huwelik, dankie daarvoor! Ons kan jou help om dit so te hou… en sommer NOG liewer te raak vir jou maat!
Ons wil jou uitnooi om deel te neem aan ons 7 Week Huweliksuitdaging wat op 17 September begin!! KLIEK HIER vir ‘n VIDEO waar ons 7 Sleutels tot ‘n Huwelik wat HOU met jou deel, waarna ons jou ook vertel hoe jy kan deelneem aan ons 7 Week Uitdaging! Glo ons, jy wil dit nie mis nie!!!!