Sukkel jy met jou gesondheid so bietjie “verder suid”?

Die vroulike liggaam moet sagkens en met baie respek hanteer word. Ons het uitdagings waarvan manne nooit sal weet nie… en sukkel met infeksies waarvan hulle nog nooit eers gehoor het nie!

Hier is 3 maniere om jou vroulike gesondheid van verlepte blommetjie na die mooiste roos te neem:

Promosie
  • Gaan loop altyd ‘n draai nadat jy intiem verkeer het. Wanneer julle seks het, word baie bakterieë in die blaas ingestoot. ‘n Vinnige besoek aan die badkamer na penetrasie, sal verhoed dat hierdie bakterieë ‘n infeksie kan voorsaak.
  • Moenie jou badkamer “agterstevoor” gebruik nie. Jy het dalk van jongs af geleer om van voor na agter af te droog, nadat jy ‘n draai geloop het. Hierdie is nie ‘n ouvrou storie nie. Bakterieë kan baie maklik in jou uretra ingevee word, indien jy van agter na voor afdroog. Maak ook seker jy trek eers jou onderklere weer op nadat jy 100% droog is.
  • Moenie jou vagina met te veel produkte probeer bederf nie. Die pH vlak van hierdie area is baie sensitief. Verkeerde produkte kan die pH vlak heeltemal van balans afgooi – weereens met ‘n risiko vir bakterieë. Kies hier eerder ‘n produk wat spesifiek ontwerp is om sagkens te reinig, sonder om die natuurlike pH vlak te versteur. Intimate Foam Wash, ‘n produk uit die XS Health ClimuxFemme IntimateSeries, is spesifiek hiervoor geformuleer. Die skuim bevat ook bosbessie-ekstrak (cranberry extract) wat optree as natuurlike antioksidant, en wat help om patogene te beveg. Die produk is so geformuleer dat dit selfs help om candida te beveg!

Die ClimuxFemme IntimateSeries het ook ‘n Feminine Intimate Gel wat menthol en bosbessie bevat – dit laat ‘n heerlike koel gevoel en verhoogde sensasie daar waar waar dit aangewend word. Of probeer gerus hul Feminine Intimate Moisturiser  – weereens ‘n produk wat jou intieme area beskerm, en ook optree as ‘n anti-irritant en help om inflammasie van jou vel te kalmeer.

Besoek https://www.climuxfemme.co.za/intimate-series om na die ClimuxFemme IntimateSeries te kyk – jy kan sommer aanlyn aankoop. Veilig. Gerieflik. Gemaklik. Of besoek jou naaste Dischem indien jy nie van aanlyn inkopies hou nie.

Deur ‘n paar basiese beginsels toe te pas, en die regte produkte op jou bedkassie en in jou badkamerkassie te hê, is daar geen rede hoekom jy moet sukkel met infeksies en ongemak nie!

Jy is uniek. Jy is kosbaar. Jy is vrou. Geniet elke oomblik!

 

#promosie