Die feit dat jy hier lees, beteken jy het een, of dalk albei van die volgende artikels gelees: Huismaats of Huweliksmaats / Hoe Maak Ek Seker dat my Huwelik Hou? Dankie daarvoor! Dankie dat jy omgee vir jou huwelik!!
Omdat jou huwelik vir jou belangrik is, wil ons jou uitnooi om die 7 Week INTIEM Marriage Capsule Uitdaging saam met ons te doen, waar ons julle in 7 weke van Huismaats tot Huweliksmaats, of van louwarm na vuurwarm wil neem en wil seker maak dat JOU huwelik hou!!! (ons vertel jou meer hieroor later)
Iemand stuur ons nou die dag ‘n epos en vra wat haar te doen staan – haar man reken daar is “niks fout met hulle huwelik nie en as sy dink daar is iets fout, kan sy maar alleen gaan hulp soek”. Die realiteit is dat ALLE huwelike harde werk, insette en investering benodig! Die feit dat jy aksie wil neem en iets aan jou huwelik wil doen, is geen aanduiding dat jou huwelik op ‘n slegte plek is nie!!
So…..genoeg gesels, kom ons spring weg en vind uit….
Watter huwelik is joune?
(aan die einde van die resultate vertel ons jou meer van die 7 Week Uitdaging).
Kies A, B of C vir elke vraag, en kyk hoeveel A’s, B’s en C’s het jy aan die einde van die vraelys.
Jy kan sien dat dinge nie reg is nie. Iets pla jou eggenoot en jy kan dit nie meer hou nie…
- a) Hierdie tipe ding sal nie in ons huwelik gebeur nie, want ons praat dinge deur voordat dit ’n kritiese punt bereik. Ons het vinnig geleer dat stilte nie probleme oplos nie
- b) Jy vra jou maat wat fout is en stel voor dat julle saam sit en dit soos twee volwasse mense probeer uitsorteer. Jou eggenoot stem saam en hoewel dit nie maklik gaan nie, bepaal julle wel wat die probleem is.
- c) Jy dink: “O griet, nie weer nie,” en ontsnap uit die huis. Jy is so moeg vir die baklei dat jy nie eers lus het om uit te vind wat nou weer fout is nie. Jy wil in elk geval nie weet nie.
Dit is slapenstyd en julle albei dit besef dat daar lanklaas ‘n vonk in die slaapkamer was. Nie een van julle twee kan slaap nie…
- a) Voor jy weet wat aangaan is julle bo-op en oor mekaar. Nie een van julle wil die geleentheid vir intimiteit laat verbyglip nie.
- b) Jy is nie regtig lus nie. Jy is in ’n fase in jou huwelik waar werk spanning/kinders/omstandighede al jou tyd opneem. Jy weet egter dat dit net tydelik is en ook dat jou huwelik dit nodig het. Jy ignoreer die moegheid en neem deel in die pret.
- c) Jy maak asof jy slaap en sê net: “Los my uit asseblief, ek is moeg,” sonder om te dink aan hoe jou eggenoot oor jou woorde voel.
Jou ou skoolliefde kontak jou op Facebook en stel voor dat julle mekaar iewers vir ‘n koffie ontmoet…
- a) Jy tik onmiddellik terug: “Dit sal lekker wees! Ek kan nie wag dat jy my man/vrou ontmoet nie!” Jy en jou eggenoot gaan saam – net sodat jy bietjie kan spog ook.
- b) Jy ignoreer die uitnodiging. Jy is bekommerd dat jou skoolliefde sal sien dat jy moeg en gespanne lyk – jy wil nie hê hy/sy moet jou so onthou nie.
- c) Jy huiwer vir ’n oomblik voor jy die uitnodiging aanvaar en wanneer die dag aanbreek skree jy vir jou eggenoot: “Baai, ek gaan tennis speel . . .”
Die kinders slaap, die huis is stil en jy het vyf minute vir jouself…
- a) Jy gaan onmiddellik op die internet, opgewonde om ’n wegbreek naweek vir die twee van julle te reël. Dit is lekker om jou eggenoot te bederf en jy kan die wag om die romantiese plekkie saam met hom of haar te ontdek nie.
- b) Jy droom oor eendag, wanneer jy dalk werklik die huisie by die see kan bou. Jy droom oor hoe mooi die vensterrame gaan lyk en watse kleur die slaapkamer gaan wees. Jy is bekommerd oor konflik, maar jy sien uit na die moontlikhede.
- c) Jy verbeel jou jy is iemand anders. ’n Gelukkiger persoon, getroud met ’n ander persoon, iemand wat na jou luister, jou respekteer en werklik vir jou omgee . . .
Die naweek is hier, die kinders kuier by ouma en jy het drie om te doen net wat jy wil…
- a) Julle slaap laat, word elke dag met soene wakker en lê in mekaar se arms en gesels tot julle bekommerd is julle gaan bedsere kry. Julle besluit om die nuwe restaurant op die hoek te beproef en kyk daarna flieks tot laat in die aand.
- b) Jy vang op met die huis se admin en jou eggenoot werk bietjie in die tuin. Julle besluit om saam vir verf te gaan soek en stry oor die prys, maar bereik wel ’n kompromie en gaan vir koffie.
- c) Jy bel jou vriende en organiseer ’n twee-dag besoek met baie wyn. Jou eggenoot speel golf en bly tot laat weg. Julle verlaat die huis vinnig om inkopies by verskillende winkels te gaan doen sonder om bewus te weet van waar die ander een is. Julle slaap immers nie meer in dieselfde bed nie. . .
Jou ouers kuier by julle en jou eggenoot hou nie van hulle nie. Dit ontaard vinnig in ‘n hewige argument…
- a) Watse argument? My eggenoot weet hoe lief ek vir my ouers is en verdra hulle vir my onthalwe – net soos ek sy/haar ouers verdra.
- b) Ons baklei soos net ons kan! Soms word een of twee koppies gebreek en ons sê goed wat ons nie moet nie, maar later maak ons weer vrede en alles is okei.
- c) Dit raak lelik. Ons weet nie hoe om mekaar seerder te maak nie so ons raak persoonlik, beledig mekaar en vloek mekaar. Daar is nie meer enige respek tussen ons nie.
Jy is woedend vir jou eggenoot ná jy ontdek hy/sy was oneerlik oor iets…
- a) Jy besluit om eers kalm te raak en al die feite te bekom. Daarna kies jy versigtig jou tyd, gooi vir julle ’n glas wyn in en nader die onderwerp met ’n verstandige perspektief.
- b) Jy skree op jou eggenoot. Jy kan nie glo dat hy/sy jou al weer teleurstel nie. Jy het net gewag vir hierdie dag. . .
- c) Jy is woedend, neem ’n twee liter bak roomys uit die vrieskas en verorber dit. Jy sal niks sê nie. Dit is net nóg ’n punt teen hom/haar – een van die punte wat jy veilig sal weg bêre en gebruik in die skeisaak.
Jou eggenoot raak vreeslik grys. Jy weet dit is ’n sensitiewe saak vir hom/haar…
- a) Jy sê nie ’n woord nie en maak asof jy dit nie sien nie – jy gee net ekstra spesiale aandag aan hom/haar.
- b) Jy vertel vir hom/haar dat hy/sy al hoe meer soos een van jou gunsteling salt and pepper bekendes lyk en jy dink dit is baie sexy.
- c) Jy wag tot julle weer in die publiek is en verneder hom/haar in die geselskap deur te sê: “Kyk na die ou grys man/vrou wat ek mee opgeskeep is tot die dag wat ek sterf van verveling.”
Jy droom daaroor om eendag jou eie besigheid te bestuur…
- a) Jou eggenoot droom saam met jou en help jou om te spaar en beplan om dit ’n werklikheid te maak.
- b) Jou eggenoot is skepties oor jou ambisie en probeer jou oortuig om iets anders aan te pak, maar sê dat hy/sy jou wel in enige iets sal ondersteun.
- c) Jy eggenoot weet nie wat jou droom is nie en gee ook nie om nie.
Hoe sal jy jou huwelik beskryf?
- a) ’n Fees. Ek het nie vir een enkele dag se berou nie, want ek weet ons kan enige probleem oorwin.
- b) ’n Verhouding met sy opdraandes en afdraandes. Soms sien ek ’n toekoms en soms voel ek ontmoedig, maar ek volhard en floreer op die goeie tye.
- c) Die domste fout wat ek ooit gemaak het. Ek voel leeg.
Wat is jou resultate?
Meestal A’s, kliek hier!
Meestal B’s, kliek hier!
Meestal C’s, kliek hier!