Sewe goeie redes waarom JY INTIEM moet koop!
1. Dit is ‘n tydskrif wat jou help om jou huwelik te versterk en te verryk – dit maak nie saak in watter fase van jou huwelik jy tans is nie. Of jy pasgetroud of oud getroud is, INTIEM bied inligting wat op jou huwelik van toepassing is.
2. Die handsak-grootte formaat maak dit moontlik om jou tydskrif in te pak en saam met jou te neem na waar-ook-al jy dit mag nodig kry.
3. Die tydskrif is geskryf vir paartjies – jy kan dus jou boek met jou saamneem op die langpad en vir manlief voorlees.
4. INTIEM se inligting is tydloos, wat beteken dat jy jou vorige uitgawes kan bere en later kan opdiep wanneer jy inligting oor ‘n spesifieke scenario sou nodig kry.
5. Die tydskrif word geskryf vanuit ‘n Christen-perspektief. Dis dus gemaak-pas vir Afrikaanse, Christenpaartjies en jy hoef nie deur derduisende twyfelagtige, internasionale bronne op die internet te sif vir inligting wat op jou en jou maat van toepassing is nie – ons het dit reeds vír jou gedoen!
6. Daar word van kenners soos seksuoloe en sielkundiges as betroubare bronne gebruik gemaak om hul huwelikskennis vanaf ‘n professionele platform te deel.
7. INTIEM het nie slegs vermaak ten doel nie. Dit is ‘n betroubare gids wat aan jou praktiese wenke en idees gee wat uitgevoer behoort te word en gevolglik ‘n dramatiese effek in jou huwelik kan beteken.
Jou huwelik maak saak!