Jy weet presies wat jou vrou se voorkeure in die slaapkamer is, waarvan sy hou en nié hou nie. En jy is te gewillig om saam te speel en haar stoutste begeertes waar te maak. Maar sê nou daar is ’n paar dingetjies wat sy graag op die proef wil stel en jy nie van weet nie omdat sy te skaam is om jou te sê? Moedig haar aan om openlik hieroor met jou te wees. Intussen, is hier ’n paar moontlikhede:

Nuwe posisies

En hier dink jy nog die hele tyd julle haak vas by die sendeling-posisie omdat sý te geïnhibeerd is om iets te sê! Niks kikker ’n saai sekslewe op soos ’n paar nuwe seksposisies nie. Begin by die “makker” posisies. Raak dan ’n bietjie woes en laat die gimnas in jou vry: Krink en buig en vou julle lywe in posisies wat jy self nie gedink het moontlik is nie. Stel elke keer ’n nuwe posisie (of twee of drie) voor. As sy instem, is die kanse goed dat sy lankal so iets in gedagte gehad het.

Om inspirasie vir nuwe posisies te kry, gaan kyk in ’n goeie boekwinkel: Daar is heelwat uitstekende boeke hieroor op die mark, met prikkelende illustrasies. En dan is daar natuurlik die Internet*.

Promosie

Stoute klere

Hoe weet jy sy wou nie lankal in (net) visnetkouse en rooi hoëhakskoene voor jou paradeer nie? Dit sluit “role play”kostuums soos ’n verpleegstersuniform of hula-rompie in. En dalk wou sy al lankal sien hoe jy in ’n cowboy-mondering lyk, miskien met net die hoed en stewels . . .

Speelgoed

Miskien wonder sy al lank wat ’n mens alles met boeie, ’n karwats of pienk verestoffer kan doen, maar sy is te skaam om hardop te wonder. Neem haar vir inkopies na ’n sekswinkel (sy sal nie so skaam wees as jy by is nie) en laat sy die goedjies van naderby bekyk en self iets uitsoek.

As daar nie ’n sekswinkel naby is nie of as sy regtig nie by só ’n plek wil ingaan nie, kan julle gerus inkopies oor die Internet* doen. Daar is heelwat webblaaie wat eksklusief seksprodukte verkoop en julle inkopies word diskreet by julle voordeur afgelewer. Dit kan terselfdertyd groot pret wees om ’n paar uur só voor die rekenaar deur te bring. En sy ontdek dalk begeertes wat sy nooit gehad het nie. Kyk gerus uit na die aanlyn winkels wat adverteer word in hierdie INTIEM. Hulle lewer uitstekende diens en die pakkies word diskreet en mooi verpak by jou afgelaai.

Seks op ongewone plekke

Hoe vertel ’n skaam vrou vir haar man sy wou nog altyd seks op ’n tuimeldroër gehad het? Sy weet self nie, daarom kan jy gerus die voortou neem met ’n paar voorstelle. Die moontlikhede is eindeloos: Die eetkamertafel, binne-in ’n klerekas, op die badkamervloer (of in die stort), in die swembad, ónder die bed of in ’n skuimbad. Dit sal ’n groot verskil maak as jy self só iets voorstel: Sy wil nie haar begeertes hardop uitspreek nie omdat sy bang is hoe jy daarop sal reageer.

’n Videokamera

Dalk wou sy al lankal hê julle moet ’n erotiese video maak – natuurlik met julle twee as die enigste “akteurs”. Belê in ’n goeie kamera met ’n driepoot, of gebruik jou selfoon se video funksie. As sy weet die kamera loer vir haar, kruip sy dalk heeltemal uit haar dop. Maar onthou: Die idee is nie om jou fantasieë aan haar op te dring nie, maar om háár seksdrome waar te maak.

’n Kamera het twee voordele. In die eerste plek voel dit lekker stout om soos diere tekere te gaan terwyl dit voel asof “iemand” vir julle kyk. En dan kan julle later saam na die video kyk en julle stoutighede van voor af geniet.

*Hou altyd in gedagte dat indien jy vir sekere goed soek op die internet, dat die kanse groot is om op ongeleë foto’s en webtuistes mag afkom.

 

Deur JB Roux