Is jy een van talle vroue wat besluit het die dagvaarding is so te sê afgelewer as jy ooit ’n strokie van ’n ontkleeklub in sy beursie ontdek? Wel, al is jou man nie die soort wat graag by Teazers uithang nie, bly hy . . . ’n man. En jy moet weet: Dit is vir dié spesie ongelooflik sexy om te sien hoe ’n vrou uittrek. Waarvoor wag jy?

Promosie

Miskien voel jy nog te skuldig oor die Cremora-tert wat jy verlede week op jou eie verorber het. Of miskien het jou eens sexy swart bra nou ’n gemaklike swart bra geword. Miskien het jy agter in die ry gestaan toe ritme uitgedeel is en kon ’n hoela hoep nooit langer as vier sekondes om jou heupe bly draai nie. Dit maak nie saak nie – enigiemand kan strip tease. ’n Ontkleedans is ’n ongelooflike sexy geskenk wat jy jou maat kan gee. Dit is ook ’n fantastiese manier om jou selfbeeld op te bou. “’n Ontkleedans is ’n wonderlike manier om jou man te wys hoe sexy jy is – en sonder twyfel gaan hy saamstem,” meen Eve Salinger in haar boek The Complete Idiot’s Guide to Pleasing Your Man. Jy hoef nie goed te wees nie. Selfs die mees spontane, gemaklike ontkleedans wat uitgevoer word met ’n paar klere-items, sal jou man laat kwyl. Maar as jy hom regtig wil bederf, kan jy dié 30 stappe gebruik vir die beste voorspel ooit. Gewaarborg om jou man in die luim te kry!

  1. As jy nog dit nog nooit vantevore gedoen het nie, is dit heeltemal normaal om selfbewus te voel. Die beste wenk vir ’n onervare ontkleedanseres is egter om te oefen, oefen, oefen. Kry vooraf alles wat jy nodig het vir die groot dag gereed en oefen jou roetine.
  2. As jy aanvanklik onseker is daaroor om voor jou man uit te trek, oefen in die spieël. Dink daaraan as ’n kleedrepetisie of eerder ’n ontklee-repetisie. Jy sal soveel pret hê dat jy nie meer sal kan wag vir openingsaand nie!
  3. Sekskenner Tracey Cox sê in haar boek Supersex dat jy die regte luim moet skep deur manlief deur die dag te bel en te sê hy moet sjampanje koop en dit op ys hou. Bel hom weer wanneer jy tien minute van die huis af is en vra hom om die playlist wat jy vooraf gekies het, reg te kry.
  4. Maak seker dat dít wat jy dra sy bloeddruk gaan opjaag. Sorg dat die grand finale sexy onderklere insluit, soos ’n kantbra en -broekie-stelletjie. Jy moet jou klere maklik kan uittrek. ’n Goeie uitrusting sluit in: ’n Bra, kousbande en kouse, ’n sybroekie of deurtrekker onder ’n rompie en bostuk met hoë hakskoene.
  5. Dit is belangrik om iets te kies wat jy weet jou man van gaan hou. Of dit nou ’n styfpassende skoolmeisie-uitrusting is of ’n regte verhoogpop-uitrusting met visnetkouse. Dra genoeg lae sodat jy baie het om uit te trek. Wanneer jy soos ’n skoolmeisie aantrek, is ’n das ’n goeie toevoeging tot jou uitrusting, wat later selfs gebruik kan word om jou maat se hande liggies te “boei”.
  6. Bybehore is die wagwoord. Wat ook al jy bolangs dra, maak seker jou uitrusting bevat ’n aantal items waarvan jy tergend kan ontslae raak. Oulike items sluit in lang handskoene in swart satyn, hoë stewels, of ’n vere-boa en ’n los halssnoer. Trek eerder ’n oopknoop-bloes aan as ’n toppie wat jy oor jou kop moet trek. Spykerhakke is ’n móét. Wees egter versigtig wanneer jy dit uittrek –’n enkelbandjie word nie toegelaat nie, want jy kan nie afbuk en daarmee sukkel nie, meen Tracy.
  7. Sy sê verder ’n serp is die moderne vrou se alternatief tot die vere-boa, iets wat jy soos ’n falliese simbool moet hanteer. Sy beveel aan dat jy dit verleidelik deur jou hande moet laat gly, dan oor jou skouers en sylangs, terwyl jy jou rug buig.
  8. As jy steeds ’n bietjie selfvertroue kortkom, beveel Tracy aan dat jy van allerlei lotions and potions gebruik maak. Self sonverbruiningsmiddel sal jou bene fantasties laat lyk. Onthou jou lipglans. Gebruik blosser rondom jou tepels om hulle meer gedefinieerd te laat lyk en smeer ’n klein bietjie baba-olie oor jou hele lyf vir ’n effense glans.
  9. Kies jou venue wys. Besluit waar jy wil hê jou maat moet sit of lê en waar jy gaan dans. As jy hom ’n goeie uitsig wil gee oor die voor- en agterkant van jou lyf, plaas ’n vollengte-spieël skuins agter jou. As jy senuweeagtig is, sal ’n sagte lig dalk jou selfvertroue ’n goeie hupstoot gee – gebruik die verdof-skakelaar as jy een het of steek ’n paar kerse aan. Jy kan ook al die ligte afsit en een kollig opstel.
  10. Kies jou musiek goed. Jy het iets nodig met ’n goeie ritme om ’n bietjie heupswaai aan te moedig, maar moenie musiek kies met ’n te vinnige tempo nie. Eve meen haar gunsteling-nommertjie is Hey, Big Spender van Chaka Khan, maar gebruik jou eie kreatiwiteit.
  11. Daar is video’s op die mark wat jou die kuns van ontkleedans kan leer, maar kyk gerus eerder na Demi Moore in Striptease, Jamie Lee Curtis in True Lies of Kim Bassinger in 9 ½ Weeks. En as manlief eendag self ’n dansie wil probeer, stop eers vir hom The Full Monty in die hand.
  12. Stap die vertrek binne, gooi jou handsak los in die hoek en stap nader met jou een voet voor die ander, meen Tracy. Paradeer dan net effens vir hom voor jy die vorm van ’n agt. Visualiseer die nommer en laat jou heupe volg. Stoot jou bors uit, hou jou kop op en dink trots. Alles gaan oor houding.
  13. Voordat jy met die dans begin, vertel hom dat dit in die haak is om te kyk, maar dat hy jou nie mag aanraak nie. Nie met sy hande, mond of penis nie. Jou doel is om hom te terg en sy uitdaging is om uit te hou!
  14. Jy moet deurentyd oogkontak met hom behou. Waar jy ook al gaan en wat jy ook al doen – jou oë moet hom volg en jy mag nie daardie oogkontak verbreek nie.
  15. Begin deur om jou maat te dans en jou bors, boude en bene te beklemtoon. Jy kan selfs jou een been oor jou maat se dy plaas of jou een voet oor jou maat se skoot beweeg.
  16. Onthou die terg-gedeelte. ’n Ontkleedans-uitvoering gaan vir mans meer oor die terg as die ontkleding. Prikkel hom deur suggestief te dans, jou hare te swaai, teen hom te skuur en dan weg te trek. (Moenie dat hy jou aanraak of gryp nie. Dit is vir later.)
  17. Begin om stadig en verleidelik jou klere uit te trek. Jy wil jou maat terg, so glip jou hemp effens af en trek dit dan weer aan. Maak jou broek of romp los en maak dit dan weer vas.
  18. Wanneer jy jou romp uittrek, beveel Tracy die volgende aan: Met jou rug na hom toe, kyk oor jou skouer. Trek jou romp se ritssluiter so stadig as moontlik af, terwyl jy jou agterstewe uitstoot en jou rug hol maak. “Die romp moet af wees in een vinnige beweging. Sodra dit op die vloer val, trap daaruit en los dit daar. ’n Woord van waarskuwing aan die lompes: Dit haak maklik vas aan jou enkels sodat jy ’n nie-galante dans doen, wankel en in ’n onwaardige, vernederende hopie val – dit is waarom een sluk sjampanje goed is vir moed, maar meer as een ’n slegte idee is!”
  19. Slinger eerder jou klere! Soos wat jy van ’n item ontslae raak, gooi dit in jou maat se rigting. Maak seker jy tref hom nie in die oog met ’n kousband nie – dit sal beslis die atmosfeer bederf!
  20. Vir een aand moet jy absoluut van netheid vergeet! Deur op te hou om jou romp op ’n hanger te hang of jou top versigtig op te vou, belemmer die luim geheel en al – so alles moet bly waar jy dit neergegooi het.
  21. Jy gaan jou klere in die volgende volgorde uittrek: Begin met die hemp, dan die skoene, sokkies, broek, bra en broekie.
  22. Jy kan ook ’n stoel as ’n prop gebruik. Daarop kan jy met jou borste na die rugleuning draai, sodat jy gedwing is om wydsbeen te sit. Jy kan ook jou voet op ’n stoel laat rus terwyl jy jou kouse sexy langs jou bene af laat beweeg.
  23. Behou oogkontak. Dit stuur ’n boodskap aan jou man dat jy dit vir hom doen – en slegs vir hom.
  24. Rek die einde uit. Nadat jy van alles behalwe jou fyngoedjies ontslae geraak het, maak jou pas stadiger en terg hom selfs meer. Bederf jou man deur jou broekie of deurtrekker oor jou heup te trek en dit dan weer op te trek. Trek jou broekie laer af en dan weer hoër op. Laat val ’n brabandjie en plaas dit terug. Maak een van die kousbande los, maar los die ander een vas. Daarna kan jy alles stuk vir stuk verloor, sê Sari Locker in haar boek The Complete Idiots Guide to Amazing Sex.
  25. Sodra jy van al jou klere ontslae geraak het, beweeg in jou naakte waarheid deur die kamer. Rol jou heupe uitlokkend en raak oral aan jouself. Gee jou maat ’n goeie uitsig, maar moenie enigiets meer as kyk toelaat nie. Hy mag jou nog nie aanraak nie.
  26. Dans na jou maat toe en wanneer jy reg voor hom is, plaas een voet op die vloer tussen sy voete en die ander een op die bed (of die armleuning van sy stoel). Leun oor na hom sodat jou borste hom amper aanraak, maar nie heeltemal nie.
  27. Gaan sit nou op sy skoot en beweeg jou heupe op ’n manier wat seks suggereer. Leun vorentoe, hou aan sy knie vas en beweeg dan stadig voor- en agtertoe.
  28. Deur die hele vertoning moet jy weg van jou maat af en weer nader na hom toe beweeg. Maak so nou en dan oogkontak en glimlag terwyl jy aan sexy dinge dink. Jy moet seksuele selfvertroue uitstraal en wys dat jy jou eie seksuele mag geniet en heeltemal in beheer is. ’n Sexy dans gaan meer oor houding en selfvertroue as oor dansvaardighede of die perfekte liggaam.
  29. Hier’s ’n goeie wenk: Hou so ver jy kan jou een been voor die ander een, met die enkel gelig. Dit laat allerhande vreemde poses elegant lyk en laat jou bene en liggaam lank en lenig lyk. Dit is ook ’n goeie pose om aan te leer vir foto’s. Liz Hurley het dié een vervolmaak!
  30. Uiteindelik kan jy hom toestemming gee om aan jou te raak en dit is dán wanneer die pret werklik begin . . .

Onthou dat ontkleedans nie net vir jou maat is nie. Dit is ook ’n kans om met jou seksualiteit te spog en die aandag te geniet. En as jou maat sien dat dit vir jou lekker is, kan hy ook terugsit en sien hoe sy wildste fantasie waar word!

Promosie

Addisionele bronne: Sex Play deur Anne Hooper (The Penguin Group), The Complete Idiot’s Guide to Amazing Sex deur Sari Locker (Alpha Books), love.ivillage.com en The Complete Idiot’s Guide to Pleasing Your Man deur Eve Salinger (Alpha Books).