Onthou jy slegs vaagweg die wasem teen die agterruit van sy Oranje Volla en julle ledemate wat akrobatiese toertjies gedoen het soos wat jy nie gedink het moontlik is nie? Dan is dit tyd om weer die slaapkamerdeur agter julle toe te trek… Hier is ‘n paar idees om jou verbeelding met jou te laat weghardloop!
1) Bespreek ‘n hotelkamer. Stuur vir hom ‘n whatsapp wat sê hy moet jou oor middagete daar kry. Of beplan ‘n aand saam weg. Vermom julself en speel dat julle mekaar skelm daar ontmoet. Gaan afsonderlik in en skeur die klere van mekaar se lywe af!
2) Seks op die kombuisblad. Jy het definitief al daarvan gehoor, maar het jy dit al probeer? Terwyl jy in die kombuis besig is, roep hom om jou met iets te kom help en wag hom dan in, met net jou voorskoot aan. As julle regtig dramaties kan wees, kan hy alles van die tafel af vee en jou op die blad tel.
3) In ‘n swembad. Gaan vir ‘n naweek na ‘n vakansieoord, waar daar verkieslik ‘n stomende warm swembad is. As toegang verbode is, moet dit liefs nie waag nie. As julle ‘n swembad by die huis het, gaan dit ewe avontuurlustig wees, want die kinders moenie hoor dat daar in die middernagtelike ure gebaai word nie…
4) Op sy kantoor se raadkamer-tafel! Wanneer hy laat moet werk, sê jy kom gou vir hom hallo sê by die werk. Maak seker niemand anders werk ook laat nie en trek jou stoutste onderklere onder ‘n groot jas aan. Verras hom. By Maandag se vergadering gaan hy sukkel om te konsentreer by die herinnering van jou op daardie einste tafel!
5) Wanneer niemand by die huis is nie, sê jy wil hom help kar was. Trek die kar in die agterplaas, dra ‘n wit T-hemp en ‘n bikini-broekie en help hom was. Die eindresultaat? Seks op sy kar se enjinkap – gewaarborg!
6) Sê vir hom die wasgoed maak jou klaar en hy moet jou gou kom help om dit te gaan ophang. Wanneer julle in die waskamer kom, sit ‘n bondel klere in die masjien, skakel dit aan. Gaan sit dan op die wasmasjien en trek hom nader…
7) In die wintermaande is daar min dinge wat seks voor ‘n kaggel klop. Speel onoortreflike romantiese musiek, steek ‘n paar kerse aan, maak ‘n bottel rooiwyn oop en gooi ‘n sagte los mat voor die vuur. Nooi hom om by jou te kom sit – een ding sal beslis tot ‘n volgende lei.
8) Wanneer julle by sy ouers gaan kuier, hou sy bewegings fyn dop. ‘n Paar minute ná hy hom verskoon het om badkamer toe te gaan, staan self van die tafel af op en wag vir hom buite die badkamerdeur. Verras hom met ‘n passievolle soen en lei hom tot in die kinderkamer waarin hy grootgeword het.
9) ‘n Naweek op die platteland kan erg opwindend raak. Wanneer julle weer vir vriende op die plaas gaan kuier, sê julle wil graag ‘n ent gaan stap. Hardloop skelm na die skuur toe en gooi julle klere oor ‘n hooimied. Sak net daar neer en pasop vir skerp strooihalms.
10) Duine-seks is ‘n treffer! Wanneer julle weer aan die kus gaan vakansie hou, gaan stap ‘n ent op die strand en lei hom weg van die see af, tussen die duine in. Solank die wind nie waai nie, kan julle ongelooflike seks tussen die duine hê, sonder dat iemand julle sien, met die branders in julle ore en die son op julle kaal lywe.
11) In die boomhuis. Wanneer die kinders vir die naweek weg is, kan julle dit doen soos ‘n wafferse Tarzan en Jane. Breek by die kinders se boomhuis in en gaan mal tussen die takke.
12) Gaan koop saam klere. Neem ‘n paar items saam met jou by die aantrekhokkie in asof jy dit gaan aanpas. Manlief moet daar naby na die vroue-onderklere kyk. Roep die assistent en vra haar om vir jou ‘n ander nommer in ‘n spesifieke item te bring. Wanneer sy weg is, moet manlief insluip en julle albei in ‘n ander hokkie inglip. Hier kan julle die ding na hartelus doen met spieëls aan alle kante
13) As julle gaan kamp, is die opsies eindeloos. Gaan stap – solank die roete veilig is, kan julle enige tyd van die paadjie afdwaal en in die woud tussen varings gaan lê. Julle kan ook teen die wande van ‘n grot of in ‘n bergpoel seks hê. En in die aand is die tent daar. As julle alleen is, is ‘n lêplek langs die oop vuur nog beter.
14) Het jy al seks in ‘n wiegstoel gehad? Daar is mense wat beweer dit is die beste beweeglike seks wat jy kán hê. As seks terwyl julle beweeg een van jou fantasieë is, kan julle dit ook probeer op ‘n swaai, ‘n rondomtalie of in ‘n hangmat.
15) Seks in die agterste ry van die fliek is ook ‘n gewilde, maar gewaagde opsie. Koop kaartjies vir die laatnagvertoning op ‘n weekaand, wanneer die kans goed is dat daar nie veel ander mense sal wees nie. Maak seker dit is ‘n romantiese fliek, sodat julle ‘n goeie ‘backtrack het en hy jou nie sal eenkant toe skuif om die einde te sien nie!
16) In die sauna. Vir ‘n warm, sweterige ervaring, sorg dat jy nie ‘n geleentheid laat verbygaan om saam te sauna nie. Om te sauna is vervelig, warm en julle altwee het slegs handdoeke om julle lywe. Dit voel of julle iewers eksoties in ‘n houthuisie sit en daar is lang bankies. Julle lywe is so natgesweet dat julle oraloor glad genoeg is om rond te gly en dames, dink net aan die kilojoules wat jy verbrand deur ‘n sauna-sessie gekombineerd met ‘n sekssessie!
17) Gaan na jou naaste biblioteek. Hoe groter die biblioteek, hoe beter. ‘n Goeie idee is ‘n universiteitsbiblioteek om julle te herinner aan die sorgelose dae toe julle 24 uur aaneen kon vry! Los vir hom ‘n briefie in sy hempsak om te sê jy kry hom ná werk by die Engelse letterkunde- of biologie-afdeling. Lees ‘n stukkie Shakespear-passie of ondersoek ‘n biologieskets van die menslike liggaam voor julle die woorde tussen die boekrakke na lewe roep!
18) Seks in die badkamer kan verskeie variasies hê. Doen dit op die rand van die bad, ín die bad tussen badskuim, onder die stort of doodeenvoudig plat op die badkamerteëls.
19) Op die trappe. Min dinge is so romanties soos wanneer ‘n man sy vrou met die trappe op slaapkamer toe dra. Dit is egter nie nodig om eers by die kamer uit te kom nie. Die trapreling en feit dat die trappe verskillende hoogtes is, skep verskeie geleenthede vir allerlei interessante posisies.
20) Die Mile High Club is die fiktiewe klub waarvan mense sê hulle het deel geword, deur seks op ‘n vliegtuig te hê. As jy al gesien het hoe mense die badkamer op ‘n vliegtuig terselfdertyd of kort ná mekaar verlaat, is hulle waarskynlik nou lede van die Mile High Club…
Die lys is eindeloos. Enige spasie groot genoeg vir twee, is goed genoeg vir seks! Druk ‘n herinnering in elke kamer van jou huis af sodat jy oral die stempel van julle passie keer op keer kan herleef… en hê seks op soveel plekke soos julle kan. Wanneer julle weer daar kom, sal julle geheimsinnig glimlag en nét julle twee sal weet waaroor.
Glo dit of nie – mense hét al hier seks gehad…
1) In ‘n helikopter
2) Op ‘n motorfiets
3) In ‘n openbare badkamer
4) In ‘n jacuzzi
5) Op ‘n trampolien
6) Onder ‘n reënboog
7) In die veld
8) Op ‘n jungle gym
9) Op ‘n balkon
10) Op die dek van ‘n skip
11) In ‘n warmlugballon
12) Op ‘n perd se rug
13) Op ‘n varende kano
14) Langs ‘n kersboom
15) Op ‘n mallemeule
16) Terwyl julle skubaduik
17) In ‘n restaurant se badkamer
18) Op die nat gras onder volmaan
19) Bo op ‘n huis se dak
20) ‘Kaalvoet in die reën’
KLIEK HIER EN LAAI DIE 40 VENUES BUITE DIE LAKEN GRATIS PRINTABLE AF
Hierdie is maar net die begin… Wil jy 2019 die beste jaar nog vir jou, jou maat, jou huwelik en jou kinders maak? Ons nooi jou uit om saam met ons ‘n pad te stap en van voor af jou maat en die rede hoekom jy met hom/haar getrou het te herondek.
Nie net kry jy toegang tot alles wat ons in 12 jaar geleer het nie, maar jy gaan toegang hê tot jou eie persoonlike huweliksmentor wat jou vrae gaan beantwoord!
Saam met hierdie herondekkings-reis kry jy die volgende:
Marriage Capsule aanlyn (digitale) kursus (7 vlakke)
Marriage Capsule Eboek: Die kursus in eboek vorm, sodat jy dit as handleiding kan gebruik.
23 video’s
Jou “expectation manager” – vind uit wat julle verwagtinge van mekaar in die huwelik is!
LOFS temperamente – hierdie gaan regtig jou lewe verander!
Privaat Facebook groep met huweliksberader en mentor (“coach”)
Weeklikse aanmoediging per epos en video
Weeklikse “celeb voice notes”
Eboek: ED – Alles wat jy moet weet oor erekdiele disfunksie.
Eboek: Kennersantwoorde (antwoorde op 10 jaar se vrae wat aan INTIEM gestuur is)
Eboek: 101 slenters om jou man se hart te wen
Eboek: 101 slenters om jou vrou se hart te wen
Eboek: 365 Romantiese boodskappe om vir jou maat te stuur
‘n Beter huwelik is binne jou bereik KLIEK NET HIER!
Die 7 geheime (eintlik is dit die basiese beginsels vir elke huwelik om te floreer, maar so min mense weet daarvan OF weet nie hoe om dit in hul huwelik toe te pas nie dat dit werklik ‘n geheim is!) vir ‘n gelukkige huwelik word in diepte met jou gedeel, met praktiese voorbeelde, lekker vraelyste en speletjies en vele meer om seker te maak dat om in jou huwelik te belê pret is!
Vir wie is hierdie?
Wil jy seker maak dat jou huwelik hou?
Is jy gereed om in jou huwelik te belê?
Is jou moeg vir ‘n lou-warm huwelik?
Besef jy hoe kosbaar jou huwelik is en dat jy voortdurend daaraan moet werk?
Dan is dit nou die tyd om INTIEM / Marriage Capsule 7 stap uitdaging in jou huis te nooi!
Maak 2019 JOU jaar! ‘n Beter huwelik is binne jou bereik KLIEK NET HIER!