Hier is ‘n gesonde resep wat maklik is om te maak…

Bestanddele:

• 1 koppie grondboontjiebotter
• 3/4 koppie heuning
• 1/2 koppie klapperolie (of botter)
• 2 teelepels vanieljegeursel
• 2 1/4 kopies glutenvrye hawermout
• 6 eetlepels kakaopoeier

Metode:

Plaas die eerste 3 bestanddele in ‘n pan en verhit dit liggies op die stoof. Volgende voeg jy die vanielje, hawermout en kakaopoeier by en meng goed.

Skep ‘n eetlepel van die mengsel en plaas dit op die bord wat bedek is met kleefpapier. Hou aan skep, totdat daar niks meer van die mengsel in die pan oorbly nie. Laat dit afkoel. Geniet!

Resep deur frugalfarmwife.com