Jou maat het gesê hy sal jou by die fliek kry . . . en wéér staan jy alleen daar, met twee bokse springmielies in die hand. Jy is al gewoond daaraan dat hy nie afsprake nakom nie en jy wonder of hy ooit gehóór het toe jy hom daarvan vertel het – sy luistervaardighede laat veel te wense oor . . .
Jou maat het gesê hy sal jou by die fliek kry . . . en wéér staan jy alleen daar, met twee bokse springmielies in die hand. Jy is al gewoond daaraan dat hy nie afsprake nakom nie en jy wonder of hy ooit gehóór het toe jy hom daarvan vertel het – sy luistervaardighede laat veel te wense oor . . .
Onder ’n WebMD-lys van tien moontlike tekens van aandagafleibaarheid- en hiperaktiwiteitsindroom (ADHD) onder volwassenes, verskyn huweliksprobleme wat veroorsaak word deur swak luistervaardighede en ’n onvermoë om commitments te eer.
ADHD is ’n kombinasie van gedragsimptome, wat onoplettendheid, hiperaktiwiteit en impulsiwiteit insluit. Mense met hierdie toestand se aandagspan is kort en hul aandag word gou afgelei. Hulle is rusteloos en kriewelrig. Volwassenes met ADHD is ook dikwels ongeorganiseerd. Hulle het ’n lae verdraagsaamheid vir frustrasie, buiwisselings, ’n kort humeur en sukkel soms met goeie menseverhoudings.
Alle volwassenes wat aan ADHD ly, het dit reeds as kinders, maar is moontlik nooit formeel gediagnoseer nie. Hoewel sommige volwasse ADHD-lyers heeltemal funksionerend is, kan ander se lewens dramaties hierdeur beïnvloed word.
Behandeling by volwassenes en kinders is soortgelyk – gewoonlik word psigoterapie aanbeveel en stimulant-medikasie voorgeskryf. Hoewel daar definitief ’n plek is vir hierdie behandeling, is daar wel kenners wat nie saamstem met die gebruik van ADHD-medikasie nie en eerder die roete van kruiebehandeling verkies.
Volgens hulle is moontlike newe-effekte soos slaapprobleme, buiwisselings, ’n verlies aan aptyt, hartprobleme en selfmoordgedagtes kommerwekkend, en die volgende wenke word aanbeveel vir diegene wat ’n alternatiewe roete wil volg:
• Skakel voedselkleursel en preserveermiddels uit jou dieet. Dit geld vir kinders én volwassenes wie se hiperaktiewe gedrag deur sekere van hierdie middels aangewakker kan word.
• Ginseng is bekend vir sy energiegewende eienskappe en ’n studie onder ADHD-lyers tussen 6 en 14 jaar oud, aan wie 1 000mg ginseng vir agt weke lank gegee is, het ’n verbetering in angs, persoonlikheid en sosiale funksionering getoon.
• Stel vas waarvoor jy sensitief is. Eksperimenteer met jou dieet deur items soos eiers, melk, sjokolade, bessies, appels, druiwe, pruime en tamaties uit te skakel, wat potensiële snellers vir jou ADHD kan wees.
• Brahmi (Bacopa Monnieri), ook bekend as hisop, is ’n moerasplant van Indië wat aanbeveel word vir breinfunksionering en geheue. ’n 2013-studie toon dat volwassenes wat Brahmi gebruik ’n verbetering ervaar het in hul vermoë om nuwe inligting te behou. Deelnemers wys verbeterde prestasie in geheue en breinfunksie.
• Ginkgo biloba word lank reeds aanbeveel vir fokus en verbeterde geheue. In ’n 2014-studie het kinders wat 240mg ekstra Ginkgo biloba vir drie tot vyf weke geneem het ’n vermindering in ADHD-simptome met enkele newe-effekte ervaar.
’n Kanadese studie onder kinders met ADHD toon dat sommige lyers kan baat vind daarby wanneer sekere van hierdie kruie gekombineer word. Deelnemers se sosiale probleme, hiperaktiwiteit en impulsiwiteit het verbeter met die gebruik hiervan.
Gesels gerus met jou dokter of homeopaat oor moontlikhede hieroor.
Addisionele bronne: www.mayoclinic.org/healthline.com.