Verby is die dae toe kamp gelykstaande was aan verblyf in ‘n tweemantentjie (wat skaars staande kan bly), met slegs ‘n blik-keteltjie en bully beef tot jou beskikking. Danksy spesialiswinkels kan kampeer vandag jou wildste verwagtinge oortref.

Promosie

Mense se definisie van kampvakansies verskil. Daar is dié groep wat beweer dat jy dit so basies en eenvoudig as moontlik moet hou, so níé kwalifiseer dit nie as kamp nie. Dié groep kom met nét die nodige klaar en is letterlik jou blikketel-en-bullybeef-brigade.

Daar is diégene wat glo dat ‘glamping’ koning is. Natuurlik behels dit ‘n permanente struktuur en slegs die dik seilmateriaal gee ‘n aanduiding dat dit ‘n tent is wat hier staan. Glamping sluit gewoonlik ‘n woning met ‘n volledige badkamer, koninggrootte beddens met vereduvets en stylvolle dekor in. Is jou bestemming ‘n groot-vyf reservaat, word jy deur ‘n gids na en vanaf jou struktuur begelei en is vyfster cuisine, wat vir jou voorberei word, deel van die pakket.

En dan is daar die tussengangers. Diégene wat graag self wil kamp, maar wie daarin glo om dit in styl te doen, met soveel gerief as moontlik! ‘n Paar dekades gelede sou iemand hardop vir jou lag as jy enigsins konsepte soos DSTV, dekor-liggies, pizza-oonde, waterverkoelers en digitale Bluetooth vleis-termometers in dieselfde asem as ‘n kamp-ekspedisie sou noem. Vandag is dié luukshede geredelik beskikbaar – mits jy weet waar om te soek!

Promosie

Om die waarheid te sê, jy hoef nie eens ‘n voet buite die deur te sit nie en kan bykans al jou kamptoerusting by aanlynwinkels soos dié van Obaro (www.obaro.co.za) kry. Hier kan jy, in die gemak van jou huis deur die meer as vyfhonderd kamp-produkte blaai, kies en met die kliek van ‘n knoppie jou bestelling plaas. Die buitelug-afdeling is boonop slegs een van die talle onderafdelings wat by dié winkel beskikbaar is!

Vir jag-entoesiaste is daar ‘n wye reeks klere te koop en ook die mode-bewuste Evas wat daarvan hou om hul mans op jagtogte te vergesel sal hier geholpe raak met ‘n wye verskeidenheid klere – van jagtersbroeke (soos die Combat Pants Ladies Micro: Boerboel) tot dik baadjies soos die Sherpa Fatigue (Jonsson) wat nie net prakties in die veld is nie, maar ook stylvol genoeg is om te dra wanneer julle terug is van die jagveld.

As jy eerder wil aanpas, kan jy ‘n draai maak by een van die talle Obaro handelstakke landwyd. Jy het ook die opsie om ‘n 30-dae rentevrye Obaro rekening te open. Obaro aanvaar ook onmiddellike bankoordragte met iPay. Besoek die aanlynwinkel en koop sommer alles wat jy nodig het vir jul volgende kampeer-vakansie. Obaro bied gratis aflewering vir alle bestellings groter as R450.

Daar is talle vroue wat ‘n voorwaarde-lysie het as dit by kampvakansies kom. Ja, sy sal gaan kamp – mits sy ‘n gerieflike bed het, ‘n toegeruste kombuis, ‘n gemaklike kampstoel en ‘n stort het om haar hare te was (en glo ons wanneer ons sê dat dié van die meer redelike eise is!) As jy met een van hulle getroud is, stuur vir haar die skakel www.obaro.co.za en jy kan seker wees sý doen die aankoop- en pakwerk sommer námens jou!