Enigeen wil op haar beste lyk en voel. Nie net is dit belangrik vir ’n gesonde selfbeeld nie, dit is ook belangrik vir die boodskap wat jy na buite uitstraal. By The South African Image Academy is jý die hoofdoelwit . . .
“Ons glo daarin om ’n veilige en positiewe omgewing te skep, ’n omgewing waarin jy geïnspireerd en bemagtig voel om jou doelwit as ’n suksesvolle beeldkonsultant te kan bereik.”
The South African Image Academy (SAIA) is een van Suid-Afrika se voorste beeldkonsultant-opleidingsfasiliteite waar kennis, vaardighede en materiale beskikbaar is vir individue wat gretig is om hul persoonlike styl en loopbaan te herontwerp.
Tesame met die verkryging van internasionale kwalifikasies by beeld-institute, asook 18 jaar se ondervinding in dié bedryf, het die stigterslede van SAIA daarin geslaag om ’n omvattende, moderne, opleidingskurrikulum saam te stel. By SAIA word daarna gestreef om deurlopend die nuutste modegiere in die bedryf te monitor. Daarom kan studente seker wees dat hulle die nuutste en interessantste teorie sal ontvang.
Die kursus word gekomplimenteer met ’n uitgebreide reeks produk-voorbeelde wat ’n mens tuis en tydens konsultasies kan gebruik. Daar is ’n keuse van vier kursusse, naamlik ’n ses-maande kursus, ’n twaalf-dae kortkursus, ’n aanlynkursus en ’n stilis-kursus. Al bogenoemde kursusse bestaan uit uitstekende afrigtings- en beeldkonsultasie-tegnieke, praktiese opleiding, bemarkings- en besigheidsbou-raad, ’n volledige pakket om jou besigheid mee te begin, asook post-kursus mentorskap.
Jou eie suksesvolle besigheid is nou binne jou bereik
Ontvang leiding van onder meer die immergewilde en bekende stilis, beeldkonsultant, spreker, skrywer en aanbieder, Alette-Johanni Winckler. “’n Loopbaan as beeldkonsultant is nou, meer as ooit vantevore, binne jou bereik en met die mees moderne tegnologie en wenke is dit ’n groot aanwins vir enige individu of sakevrou. Dit bied aan individue vanaf ’n jong ouderdom tot iemand op ’n meer gevorderde leeftyd die ideale geleentheid om ’n professionele inkomste te genereer.”
Handige toepassing om enige plek te gebruik
Konsultante kan ook uitsien na ’n splinternuwe toepassing, spesiaal ontwerp deur en vir SAIA. Hierdie handige instrument plaas alles wat ’n mens benodig om jou kliënte mee te stileer en die korrekte leiding aan te verskaf nou letterlik op jou vingerpunte. Dié toepassing is uitsluitlik beskikbaar aan SAIA-geregistreerde konsultante en is internasionaal die eerste van sy soort. Dit is beslis ’n rewolusionêre manier vir beeldkonsultante om suksesvol besigheid te doen.
Hiermee kan ’n mens aan jou kliënte raad gee rakende figuur- en gesigvorm, segmente, die korrekte kleure om te dra, asook leiding sodat hulle hul eie unieke modestyl kan vind. Die toepassing kan op kliënte se selfone afgelaai word en bied ter enige tyd aan hulle toegang tot die beste style en kleure. Die hele pakket is ’n uitstekende fondasie om nie net jou eie inkomste te genereer nie, maar ook om ’n interessante loopbaan te volg en tot hulp vir ander te wees.