Image Avenue is ’n dinamiese stilering-fasiliteit wat kennersraad gee aan die publiek in die sake- en persoonlike sektor, asook aan mediamaatskappye, vir hernude stilering.
Met verteenwoordigers in Johannesburg, Pretoria en Kaapstad, is Image Avenue beslis ’n fasiliteit wat genader behoort te word. Image Avenue bring korporatiewe en persoonlike handelsmerke in lyn met mekaar en help om die bes moontlike afronding, selfvertroue en beeld te vestig.
Kliëntebasis
Image Avenue se kliëntebasis strek wyd – van nuwe ma’s wat ’n fase betree waarin hulle totaal onseker is wat hul nuwe lewenstyl uitbeeld en gewilde publikasies wat ’n blinknuwe styl-perspektief benodig tot Suid-Afrika se top korporatiewe sakesektor, wat maatskappye se bates en hul personeel se beeld wil bevorder. Image Avenue verskaf bewese metodologie wat elkeen se persoonlike handelsmerk tot die beste van hul vermoë sal ontwikkel.
’n Vrou vol selfvertroue
’n Vrou se beste eienskappe kom na vore as sy voel sy lyk op haar beste. Net ’n effense hupstoot vir haar selfvertroue maak ’n enorme verskil in haar lewe. Carissa Bosman en Dedre Maartens is twee getroude voorkomskonsultante wat ’n passie daarvoor het om die beste in vroue se voorkoms uit te bring.
As getroude vroue verstaan hulle hoe ’n negatiewe selfbeeld ’n mens se huwelik nadelig kan beïnvloed. Dit is noodsaaklik om tyd in te ruim om in jouself te belê. Deur dit te doen, belê jy ook in jou huwelik. “Net ’n klein hupstootjie vir jou selfvertroue maak ’n groot verskil en verander hoe ’n vrou haar werk doen, asook watter geleenthede sy aanpak,” sê hulle.
’n Positiewe kettingreaksie
Selfvertroue het ’n kettingreaksie tot gevolg. Nie net verander dit ’n vrou persoonlik nie, maar dit het ook ’n positiewe uitwerking op haar sosiale lewe en verander haar uitkyk oor hoe sy haarself in haar huwelik uitleef.
In die besige lewe waarin ons onsself bevind, is die realiteit dat ’n vrou by soveel plekke betrokke moet wees dat sy alles in een moet wees. Dit is só maklik om haarself in talle opsigte agterweë te laat, veral wat voorkoms aanbetref.
“Laat ons maar eerlik wees: Wanneer ’n vrou nie goed voel oor haarself nie, kan dit ’n negatiewe uitwerking op alle gebiede van haar lewe hê. Gee ons by Image Avenue die geleentheid om jou te wys hoe om jou voorkoms-vonk weer terug te kry.”
Vir meer inligting besoek gerus: www.image-avenue.co.za