In die huidige ekonomiese klimaat kan ’n gebrek aan vordering en swak prestasie jou lam lê. Wanneer dit nie goed gaan met jou besigheid nie, plaas dit onnodige druk op jou huwelik- en gesinsverhoudings. Maar hoe maak jy om tot die volgende vlak van groei in wins en produktiwiteit te vorder?
Hier is ’n paar stappe wat jy kan neem voor jy en jou maat vir mekaar begin grom.
1. Bepaal jou besigheid se leemtes
Dalk spandeer jy te veel tyd op die verkeerde aspekte van jou besigheid. Is jy op ’n punt waar jy net ’n blaaskans wil neem en wil wegstap van jou besigheid? Moenie te gou handdoek ingooi nie. Met kundige hulp kan jy bepaal waar jou besigheid se leemtes lê en wat die regte aksieplan is om dit mee te takel. ATP Consulting se gratis business health check bied ‘n effektiewe oplossing hiervoor
2. Kry kundige hulp
Jy staar al lank na die syfers en die leë rekenaarskerm. Waar begin jy om jou besigheid se stoflaag te verwyder? ATP Consulting kan jou help om met ’n nuwe bril te kyk en om jou besigheid te optimaliseer op verskillende vlakke. Hulle kan jou help om jou personeel meer toegewyd en deel van die proses te maak. En met nuwe woema onder jou personeel, kan hulle jou help om kliëntbetrokkenheid te verhoog.
3. Identifiseer groei-areas
Groei-areas soos beter kontantvloei en effektiewe risiko-bestuur is onontbeerlik vir jou besigheid. Uiteindelik is dit belangrik dat groter groeipotensiaal bereik moet word en dat jy jou bates moet vermeerder. ATP Consulting kan jou ook help om minder eienaarbetrokkenheid te hê om die toekoms van jou besigheid te verseker. Dink aan die lang termyn: Die waarde van jou besigheid móét verhoog, veral as jy later die besigheid wil verkoop.
4. Pluk die vrugte van sukses
Wanneer jy jou eie baas is, is sukses ekstra belangrik. Sodra jy as entrepreneur die groei-areas in die besigheid laat floreer, sal jy voel dat jy al baie bereik het. ’n Suksesvolle besigheid gee vir jou meer tyd vir jouself en jou gesin en meer tyd om ander besigheidsgeleenthede te ontgin. ’n Dinamiese besigheid waarborg vir jou ’n beter leefstyl en gee vir jou baie minder grys hare.
Spandeer jy al jou tyd om jou besigheid te onderhou, in plaas daarvan om dit te laat groei? ATP Consulting bied aan alle INTIEM-entrepreneurs ’n gratis business health check. Die evaluasie sal vir jou die huidige totale waarde van jou besigheid gee wat gemeet word in agt verskillende waardepunte. Bernard McCabe direkteur van Dreamscape Solutions sê die sisteem het hulle gehelp om hul omset met 200% te laat groei.
Moenie toelaat dat jou besigheid se gebrek aan groei jou langer frustreer nie. Jy hoef nie jou kosbare tyd te mors deur te wonder waar en hoe jou besigheid kan verbeter nie. Kry vandag die hulp waarna jy al lank soek. As daar een of meer suksesvolle entrepreneurs in die huis is, gaan dit die atmosfeer en leefstyl vir almal verbeter.
Vul die vorm in, sodat ATP Consulting jou kan kontak om jou besigheid te laat evalueer: