Daar is niks soos koffie in die bed om jou maat te laat verstaan jy gee om nie. Maak dit ekstra spesiaal met die Afrikaanse koffiebeker-omhulsels!

Promosie

Die omhulsels is die regte grootte om perfek gevorm om rondom ’n standaard polistriën-bekertjie te pas. Gaan koop dus ’n paar koffiebekers (dit is beskikbaar by die meeste verpakkingswinkels). Jy kan jou ‘koffiebekers’ vooraf ’n spesifieke kleur verf om by die etikette/omhulsels te pas of jy kan dit net so gebruik. Knip nou die etikette uit, vou dit rondom die bekers sodat die een punt net bo-oor die ander een verbysteek, en plak dit vas. Bederf jou maat ses dae in ’n ry met ’n spesiale boodskap saam met sy/haar oggendkoffie! As daar nie op die omhulsels gemors word nie, kan julle dit selfs herwin en weer gebruik.

Kliek op die prentjies onder om die omhulsel van jou keuse af te laai!

Promosie