Alle simpatie. Regterbreiners is kreatiewe wesens met ‘n ryk verbeelding en hoewel haar skeppende idees en vrygeestigheid jou uit die staanspoor soos ‘n magneet getrek het, kan haar verstrooidheid, tekort aan logiese denke en haar behoefte aan erkenning jou frustreer! Dís hoe jy maak as jy met ‘n kreatiewe gees getroud is.

Promosie

In die artikel ‘What it’s really like begin being married to an overly creative mind’ skryf Joelle Wisler: “I need a nap, just watching him.” Sy vertel hoe sy al huis toe gekom het, net om haar man te kry waar hy leer om die ukulele te speel of waar hy ‘n bod op ‘n antieke VW geplaas het wat hy in ‘n kamp-masjien wou omskep (sonder dat hy enige iets van karre weet). “Een keer moes ek hom keer om verf vir die kinders te maak uit die een-of-ander stekelrige rooi plant wat hulle op ‘n staptog gekry het. Ek het die plant nagevors en dit sou hallusinasies veroorsaak indien dit per ongeluk ingeasem is. Dit sou beslis in ‘n interessante Saterdagmiddag vir ons almal ontaard het…”

In haar artikel skryf sy hoe wonderlik – en uitputtend – dit kan wees om met so iemand getroud te wees. Daar is nie tyd om gewone take te verrig soos om wasgoed weg te pak of die plek vir enigiets in jou lewe te onthou nie. “Hy het gesê dat hy nie daarin glo om enigiets in laaie weg te pak nie, want as iets in ‘n laai gaan, vergeet hy dat dit bestaan. Hy moet al sy dinge “sien”. Vir verskillende mense kan dit verskillende grade van frustrasie beteken. En as jy ‘n oorheersende linkerbreiner is vir wie orde en stiptelikheid ‘n prioriteit is, kan dit vir jou moeilik wees om ‘n regterbreiner se nuanses te absorbeer.

• As jy met ‘n akteur, skrywer of sanger getroud is, is daar die kans dat julle tye in jul huwelik sal beleef waar die werk nie geredelik beskikbaar is nie. As jy dus gedroom het van ‘n lewe vol luukshede, moet jy jou droom hersien – dit is mits jy met ‘n kreatiewe gees getroud is.

Promosie

• Die kans is goed dat jou kreatiewe eggenoot onseker van haarself is. Jy gaan haar talle kere moet bewus maak van haar waarde, en sy sal jou tien teen een nie glo nie.

• Sy gaan soms droom-verlore wegraak in haar werk. As sy ‘n aktrise is, berei jouself voor dat sy – al word sy geleer om dit nie te doen nie – betrokke sal raak by haar karakter. As sy ‘n skrywer is, gaan sy verlore raak in haar skryfwerk en jy sal effe alleen voel.

• Sy kan moontlik ook aan depressie ly. Dit is nie te sê dat ‘n linkerbrein gevrywaar word van depressie nie, maar haar gees maak haar ekstra-sensitief vir die wêreld rondom haar en wel… sommige kreatiewe geeste put juis inspirasie uit daardie donker gat. Onthou ook dat dit normaal is vir ‘n kreatiewe gees om uitsonderlike hoogtepunte en uitsonderlike laagtepunte te beleef.

• Kreatiewe geeste het ruimte nodig. Moet dit nie as ‘n belediging sien as sy haar van jou onttrek nie. ‘n Kreatiewe gees het haar spasie nodig.

• En onthou, hoewel geen van hierdie elemente ‘n waarborg is nie – elke kreatiewe individu verskil – is die kanse goed dat jou maat ‘n bietjie aandagafleibaar kan wees. Sy spring van een idee na ‘n volgende, sy sukkel soms om te slaap omdat haar kop net só besig is en dit kan uitputtend raak. Maar sy kan soms ook só gefokus wees dat haar hiperfokus jou frustreer.

Eindelik het jy jou maat gekies – kreatiwiteit en al. Laat haar toe om die beste weergawe van haarself te wees deur die volgende drie dinge toe te pas:

1. Wys belangstelling in haar kreatiewe skeppings
Jou maat se passie vir kreatiwiteit gee betekenis aan haar lewe. Of jou maat nou iemand is wat verf, beeldhouwerk doen, dans, sing, musiek beoefen, skryf of enigiets soortgelyks, wys belangstelling in wat sy skep. Gaan sien haar vertonings, luister na haar liedjies. Dit is belangrik om nie jou ongewenste kritiek te lewer nie, want sy is weerloos – werk versigtig met hierdie gawe. Selfs al vind jy dít wat sy doen vervelig, stel in ‘n herinnering in jou elektroniese dagboek om haar te vra waarmee sy besig is en of jy dit kan sien. Gee jou maat die aandag wat vir haar so belangrik is.

2. Gee haar die tyd wat sy nodig het om te skep
Kreatiwiteit verg tyd en as julle klein kinders het, is die kanse goed dat – hoewel sy dit geniet om jul mensies groot te maak – ‘n stukkie van haarself afsterf wanneer sy nie kan skep nie. Gee haar dus die geskenk van tyd deur sekere take by haar oor te neem dat sy kan skep, die kinders besig te hou sodat sy kan doen wat sy moet en deur seker te maak hulle onderbreek haar nie wanneer sy besig is met haar skeppings nie.

3. Verstaan dat dit deel is van wie sy is. Jy het waarskynlik jou maat se kreatiwiteit leer ken voor julle getroud is. Nou dat julle getroud is, is dit steeds so. Sy het dalk haar passie vir eens opsy geskuif, maar al hou jy nie van die idee nie, sy sal dit weer in die een of ander stadium wil hervat. Dit is deel van wie sy is en om haar dit te ontneem is nie regverdig nie.

4. Kry vreugde in dit wat haar gelukkig maak. As jou maat skep, maak dit haar gelukkig. En as sy gelukkig is, vloei dit oor na jou toe. Laat haar kreatiwiteit jou inspireer. Miskien het jy self ‘n kreatiewe streep wat jy nog nooit ontgin het nie.

Hoe dit ook al sy, jou regterbrein maat is ‘n spesiale geskenk en jy is vir ‘n rede oor haar pad gestuur. Hê haar lief, moet haar nooit probeer verander nie en geniet die ontembare gees aan jou sy…

www.iheartintelligence.com